14-jarige begin sopkombuis

Tanja Bause
Tanja Bause – Sowat 200 kinders en 50 volwassenes kry elke Saterdag by die Faizah and Rhode's Helping Hands and Soup Kitchen in Groot Aub kos.

Die 14-jarige Faizah Joseph het dié sopkombuis begin.

Haar pa, Frank, vertel hy en sy vrou, Charmaine, het agtergekom Faizah vat meer en meer toebroodjies skool toe.

“Ek het haar gevra wat aangaan en of haar toebroodjies by die skool afgevat word. Sy het ná 'n rukkie gesê daar is baie honger kinders by die skool en sy vat die broodjies vir hulle saam.”

Kos soos rys, suiker en macaroni het begin om uit die kas te verdwyn en weer is Faizah gevra of sy weet wat aangaan.

“Dis toe ons besef dat sy die kos aan die mense in die omgewing begin uitdeel het.”

Eendag het die egpaar ná werk by die huis gekom en 'n ry kinders voor die huis sien staan.

“Faizah het kos gekook en was besig om dit aan die kinders uit te deel. Sy het vir haar ma gesê sy wil graag 'n sopkombuis begin. Toe ek en Charmaine die kinders se dankbare gesigte sien, kon ons nie anders as om in te stem nie. Op 1 Augustus 2019 het Faizah en Rhode, haar ouer suster, met die sopkombuis begin.”

Aan die begin was daar sowat 50 kinders wat kom eet het.

Elke Saterdag word in die Joseph-gesin se kombuis geskil en gesnipper voordat die kos in groot driebeenpotte buite op die vuur gaargemaak word.

Faizah wat tans in Rehoboth op skool is, kom elke Saterdag huis toe om in haar sopkombuis te werk sodat die kinders van Groot Aub hul bord kos kan kry.

Individue en sakeondernemings ondersteun gereeld die sopkombuis, soos onder meer die Windhoek Buitekluboord wat groente skenk, Spes Bona Motors wat vir ses maande die sopkombuis gedra het en Wilnors-bakkery in Khomasdal wat elke week 20 brode skenk. Windhoekers skenk oor die algemeen die meeste geld.

“Die mense van Windhoek ondersteun die sopkombuis en dis te danke aan hulle dat ons een keer per week vir die kinders en volwassenes kan kos gee. Ons sou dit meer gereeld wil doen, maar die geld is te min.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!