14-jarige meisie deur krokodil gevang
Kenya Kambowe op Rundu – ’n Veertienjarige meisie is Maandag dood toe ’n krokodil haar aangeval het terwyl sy besig was om water te drink.
Die voorval het omstreeks 16:30 op die dorpie Thikanduko in die Kavango-Oosstreek plaasgevind toe Elen Mashora Disho en 'n medeskolier rivier toe is om water te drink.
Volgens die streeksbevelvoerder vir Kavango-Oos, komm. Johanna Ngondo, is hierdie die derde krokodilaanval in twee weke – iets wat sy as kommerwekkend beskryf het.
Net verlede week moes ‘n 33-jarige ma toekyk hoe haar 5-jarige dogter in die Kavangorivier verdwyn nadat sy in die kake van ‘n krokodil beland het. Haar lykie is nog nie gevind nie.
Sterftes weens krokodilaanvalle het ‘n norm in die Kavangostreek geword en kan toegeskryf word aan die gebrek aan drinkbare water in gemeenskappe – iets wat duisende mense dwing om hul lewe te waag deur rivier toe te gaan.
By navraag het die streeksgoewerneur van Kavango-Oos, mnr. Bonifatius Wakudumo, gevra vir die konstruksie van ’n pyplyn wat water na dié gemeenskappe sal neem en mens-dier-konflik waarby krokodille betrokke is, sal verlig.
Wat die krokodilaanvalle betref, het Wakudumo sy innige meegevoel uitgespreek met die families wat hul geliefdes in dié aanvalle verloor het.
Die goewerneur het ‘n beroep op inwoners gedoen om in groter groepe te beweeg wanneer hulle na die rivier toe gaan.
– [email protected]
FOTO
Die derde krokodilaanval binne twee weke is onlangs aangemeld. Foto Kenya Kambowe

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie