$145 m. se kripto ‘verlore’ ná eienaar sterf
Petrus Malherbe – Daar word gesê een se dood is die ander se brood, maar nie wanneer die stigter van ’n groot kripto-platform skielik sterf nie.
Gerald Cotten (30) stigter van Quadriga, Kanada se grootste verhandelingsplatform vir kriptogeld, het tot $145 miljoen in digitale geld saam met hom graf toe geneem toe hy onverwags in Desember dood is.
Die platform moes intussen om sakeredding aansoek doen omdat hy nie sy krediteure kan betaal nie.
Net Cotten het toegang gehad tot die platform se kriptoreserwes, berig die BBC.
Hy is in Indië dood weens komplikasies wat met Crohn se siekte verband hou.
Quadriga se digitale geld is van lyn af op hardeskywe gestoor juis om dit teen kuberkrakers se lang vingers te beskerm. Luidens hofdokumente het net Cotten toegang tot dié digitale beursies gehad.
Sy weduwee, Jennifer Robertson, het getuig haar man het sy skootrekenaar met die kriptogeld daarop oral saamgedra en dit met ’n baie sterk wagwoord beveilig.
Sy ken nie die wagwoord nie.
“Ek het hoog en laag gesoek of hy die wagwoord iewers neergeskryf het, maar tevergeefs,” het Robertson in ’n beëdigde verklaring gesê.
Cotten se dood laat Quadriga in ’n yslike penarie siende dat meer as 100 000 van sy gebruikers nou bakhand staan vir hul digitale geld wat die maatskappy kwansuis moes oppas, berig CNN.
“Ons het die afgelope paar weke onverpoosd daaraan gewerk om ons likiditeitsprobleme op te los,” sê die platform in ’n verklaring. Dit sluit pogings in om toegang tot Cotten se rekenaar te kry.
Afgesien van sy kliënte wat hul digitale geld wil terughê, skuld Quadriga ook K$70 miljoen in kontant aan krediteure; skuld wat hy nie kan vereffen nie.
Hy het ’n forensiese deskundige aangestel om te probeer inbreek by Cotten se rekenaar, maar tot dusver sonder sukses. Robertson het ook gewaarsku dat van die digitale munte teen dié tyd “vir altyd verlore” is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie