145 walvisse dood op strand
145 walvisse dood op strand

145 walvisse dood op strand

Sowat 145 loodswalvisse is die naweek in ’n massastranding op ’n afgeleë eiland in Nieu-Seeland dood, het owerhede Maandag gesê.

Die plaaslike departement van bewaring sê twee skole loodswalvisse was gestrand op die strand by Stewart-eiland sowat 30 km suid van Nieu-Seeland se Suid-Eiland.

’n Halfdosyn van die walvisse was reeds dood toe amptenare van die departement op hulle afgekom het. Die amptenare is Saterdag deur ’n stapper, wat in die omgewing gekamp het, van die voorval in kennis gestel.

Ren Leppens, bedryfshoof van die departement, sê ’n besluit is geneem om die walvisse van kant te maak weens hul swak toestand en die afgeleë ligging.

“Ongelukkig is die waarskynlikheid om die oorblywende walvisse suksesvol terug in die water te kry baie laag,” sê Leppens.

“Dit is egter altyd ’n hartseer besluit om te maak.”

Die voorkoms van walvisstrandings in Nieu-Seeland is van die hoogste ter wêreld, hoewel die presiese rede daarvoor nie bekend is nie.

Die departement sê hulle reageer op gemiddeld 85 voorvalle per jaar, maar dis meestal enkelgevalle.

Verskeie faktore kan tot die stranding van walvisse lei, insluitend siektes, navigasiefoute, die geografiese kenmerke van die omgewing, hoogwater, ’n roofdier wat die walvis jaag en ekstreme weerverskynsels, sê die departement.

Tien dwergmoordvisse het ook Sondag by die 90 Mile-strand aan die weskus van die Noord-Eiland op die strand uitgespoel. Twee is intussen dood en pogings om die res in die see te kry het Maandag nog voortgeduur.

Die departement sê dit is onwaarskynlik dat die twee gevalle met mekaar verband hou. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!