148 nuwe gevalle, drie sterftes
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het 148 nuwe Covid-19-gevalle en drie sterftes aangekondig. Die drie sterftes is almal in Windhoek aangeteken en sluit 'n 58-jarige vrou, 'n 93-jarige man en 72-jarige man in. Dit bring die totale getal Covid-19-verwante sterftes op 96 te staan.
Uit die 148 nuwe gevalle is 81 mans en 67 vroue. Die jongste is drie jaar oud en die oudste 87 jaar oud. Uit die 148 nuwe gevalle is 85 in Windhoek, nege in Walvisbaai, sewe in Swakopmund, agt in Okahandja, twee in Otjiwarongo, een in Grootfontein, vier in Keetmanshoop, vier in Lüderitz, twee in Karasburg, vyf in Rehoboth, twee in Tsumeb, twee in Omethiya, vier in Gobabis, vier in Oshakati, drie in Rundu, twee in Katima Mulilo, een elk in onderskeidelik Eenhana en Engela en twee in die Nangudu-distrik.
Volgens Nangombe het 391 gesondheidswerkers tot op hede positief vir Covid-19 getoets. Hiervan het 313 oftewel 80% reeds herstel.
Nog 127 mense het herstel wat die totaal op 4 767 te staan bring. Die 127 sluit 100 in Khomas, nege in Oshana, sewe in Ohangwena, drie in Hardap, twee in Omaheke en ses in Otjizondjupa in.
Namibië het huidig 4 393 aktiewe gevalle waarvan 20 baie ernstig of kritiek is. Dit sluit twee baie ernstige en vier kritieke gevalle in Erongo en vyf baie ernstige en nege kritieke gevalle in Khomas in.
Tot op hede is 75 511 weefselmonsters getoets, 9 350 kontakte word gemonitor en 1 205 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie