149 Boko Haram-gyselaars gered
Nigerië
Die Nigeriese weermag het Sondag bekend gemaak 149 mense wat Boko Haram as gyselaars gehou het, is tydens ‘n reddingsoperasie in die noordoostelike staat Borno gered.
Die troepe het ook vyf insurgente doodgeskiet en nog vyf in die Yerimari-Kura-gemeenskap gevange geneem. Onder die bevrydes was 54 vroue en 95 kinders, het ‘n weermagwoordvoerder gesê.
Hy het ook gesê twee selfmoordbomaanvallers is in die Mandanari-gemeenskap in Konduga, Borno, geneutraliseer toe hulle op 7 April probeer het om die gebied te infiltreer.
Boko Haram word sedert 2009 verantwoordelik gehou vir die dood van meer as 20 000 mense en 2,3 miljoen mense wat haweloos gelaat is. – Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie