15 dood in skietery in Afghanistan
15 dood in skietery in Afghanistan

15 dood in skietery in Afghanistan

Minstens 15 mense is Dinsdag in Jalalabad, Afghanistan, doodgeskiet en 15 mense gewond toe gewapende mans ’n staatsgebou bestorm het.

Talle mense was in die gebou vasgekeer nadat ’n selfmoordbomaanvaller hom eers by die ingangshek opgeblaas en die gewapende mans die gebou bestorm het.

Volgens Attaullah Khogyani, woordvoerder vir die provinsiale regering, is die aanval eers ná ’n paar uur van oor-en-weer-skietery en ontploffings verby.

Die twee gewapende mans is glo ook dood en dele van die gebou is verwoes.

Khogyani sê die aanval het plaasgevind tydens ’n vergadering met nieregeringsorganisasies oor vlugtelinge.

’n Ooggetuie sê dat ’n swart motor met drie insittendes by die ingang van die gebou geparkeer het. Een man het homself opgeblaas en die ander twee gewapende mans het toe die gebou binnegegaan.

Minute later is die motor ook opgeblaas en mense in die straat is beseer.

Die Internasionale Reddingskomitee, ’n humanitêre organisasie wat in Afghanistan werk, sê een van sy ingenieurs, is onder diegene wat dood is.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie, hoewel die Taliban ’n verklaring uitgereik het waarin hulle enige betrokkenheid ontken. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!