150 sterftes hoogste getal nog
Die Covid-sterftes skiet met 150, die hoogste getal nog op 'n enkele dag, op tot 2 240. Gobabis-distrik het die hoogste getal en wel 34, gevolg deur Oshakati-distrik met 33, Windhoek-distrik 17, Grootfontein-distrik 11, Onandjokwe-distrik agt, Rundu- en Engela met sewe elk, Tsumeb-distrik met vyf, Katima Mulilo-, Swakopmund- en Oshikuku-distrikte met elk vier, Walvisbaai, Okakarara, Okahao, Opuwo, Otjiwarongo en Outjo-distrike met twee elk en Khorixas-, Eenhana-, Rehoboth- en Usakos-distrikte met een elk. Twaalf het twelve (12) gister gesterf, 93 in die tydperk 1 tot 11 Julie, terwyl 45 in Junie gesterf het. Vier-en-veertig mense het tuis gesterf waarvan die meerderheid, 31, in Gobabis was, vier in Windhoek, drie in Katima Mulilo, twee in Rundu, twee in Engela en een elk in Okakarara en Opuwo. Die sterftes sluit ook 'n swanger vrou in. Uit die 150 sterftes was 129 nie ingeënt nie en net een het die eerste dosis entstof ontvang. Die intentingstatus van die oorblywende 20 kon nie vasgestel word nie.
Uit die 730 gevalle is die meeste in die Otjozondjupa (14%), gevolg deur //Kharas en Khomas met 13% elk. Onder die gevalle is 78 leerlinge, 18 onderwysers, 14 studente, 29 gesondheidswerkers en 11 werknemers in die mynbedryf. Uit al die geval het 16 (2%) een dosis entstof ontvang, terwyl een ten volle ingeënt was.
Die aktiewe gevalle staan tans op 26 113 waarvan 551 in die hospitaal en 111 in die ICU is. Tot op hede is 132 784 mense ingeënt, waarvan 31 933 reeds hul tweede dosis ontvang het. Die herstelkoers staan op 74%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie