157 nuwe gevalle, een sterfte
Uit die 157 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is, is 62 leerlinge en 12 gesondheidswerkers. Die Covid-19-verwante sterfte van 'n 56-jarige man van Walvisbaai het die sterftesyfer opgestoot na 439.
Die aktiewe gevalle staan tans op 2 162 waarvan 152 in die hospitaal en 24 in die ICU is. Nog 58 mense het herstel wat dié getal opstoot na 37 578 en 'n herstelkoers van 94%.
Tot op hede is 313 949 weefselmonsters getoets, 4 345 kontakte word gemonitor en 2 201 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie