16 beseer in ontploffing op Oukersaand
16 beseer in ontploffing op Oukersaand

16 beseer in ontploffing op Oukersaand

Terreuraanvalle in Australië, Indonesië gefnuik
Estelle de Bruyn
Sestien mense is gewond in 'n granaatontploffing buite 'n Katolieke kerk tydens 'n Oukersaand-mis in die Filippyne.

Die ontploffing was op die suidelike eiland Mindanao.

Veiligheidsmagte oor die hele Suidoos-Asië heen is gerat vir die Kers- en Nuwejaarsvakansiedae en die polisie in Australië en Indonesië sê hulle het bomaanvalplanne gefnuik.

Veiligheidsmagte in Maleisië het ook vermeende militante in hegtenis geneem.

Geen groep het verantwoordelikheid vir die Mindanao-­aanval aanvaar nie, maar dit is bekend dat Moslemrebelle en Islamitiese ekstremiste aktief in Mindanao is. Daar was in die verlede ontploffings.

Vader Jay Virador, 'n priester, het gesê die ontploffing het die gemeente laat vlug. Die kerkdiens was nog aan die gang toe die ontploffing plaasgevind het.

'n Polisieman is beseer toe hy naby die patrolliemotor gestaan het waarlangs die granaat ontplof het. Die granaat het sowat 30 m van die kerk se deur ontplof.

Die Amerikaanse ambassade in Manila in die Filippyne sê ­Amerikaanse burgers is gewaarsku om weens ontvoerings en bomdreigemente nie na die suidelike eilande te reis nie.

In September is 14 mense dood en 70 gewond toe 'n tuisgemaakte bom in 'n besige mark in ­Davao-stad, die tuisstad van pres. Rodrigo Duterte, ontplof het.

Ondertussen het swaar reën en sterk winde wat deur die tifoon Nock-Ten veroorsaak is, op Kersdag die oostelike deel van die Filippyne getref.

- Netwerk24/Reuters/Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!