17 mense kry BBP-beskerming in SA
17 mense kry BBP-beskerming in SA

17 mense kry BBP-beskerming in SA

Die openbare beskermer het egter aangedui dat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se voortgesette gebruik van die eenheid ondersoek sal word.
Benewens die Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma en sy eksvrou, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, word sy vier huidige vroue ook deur die polisie se presidensiële beskermingseenheid vir baie belangrike persone (BBP) beskerm.

Dit blyk uit 'n antwoord deur Fikile Mbalula, minister van polisie, op 'n geskrewe parlementêre vraag deur Zak Mbhele, DA-LP.

Hulle tel onder altesame 17 Suid-­Afrikaners wat beskerming van dié eenheid ontvang.

Ander politici wat ook deur die BBP-eenheid beskerm word, is adj.pres. Cyril Ramaphosa, oudpres. FW de Klerk, oudpres. Thabo Mbeki, oudpres. Kgalema Motlanthe, die voormalige adj.pres. Phumzile Mlambo-Ngcuka, en Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, wat beskerming ontvang in haar hoedanigheid as 'n voormalige adjunkpresident van Suid-Afrika.

Zuma se vier vroue, Sizakele Khumalo (Ma Khumalo), Nompumelelo Ntuli (MaNtuli), Thobeka Madiba en Bongi Ngema (MaNgema), sowel as Rama­phosa se vrou, dr. Tshepo Motsepe, word ook deur die eenheid beskerm.

Onder die voormalige presidentsvroue wat ook BBP-beveiliging geniet, tel Mbeki se vrou, Zanele Mbeki, Motlanthe se vrou, Gugu Mtshali, en wyle oudpres. Nelson Mandela se weduwee, Graca Machel.

Dr. Cassius Lubisi, direkteur-generaal in die presidensie, word ook deur die presidensiële beskermingsdiens beveilig. Uit Mbalula se antwoord blyk dit dat Dlamini-Zuma dié diens in haar hoe­danigheid as voorsitter van die Afrika-unie (AU) ontvang het.

Lt. genl. Kgomotso Phahlane, voormalige waarnemende polisiehoof, het in April gesê dat Dlamini-Zuma, wat in Maart vanjaar as AU-voorsitter uitgetree het, steeds beveilig word deur dié eenheid weens “dreigemente” wat aan haar gerig is.

Die openbare beskermer (OB) het egter die naweek aangedui dat Dlamini-Zuma se voortgesette gebruik van die eenheid ondersoek sal word. Dit kom nadat die DA in April 'n klagte daaroor by die OB ingedien het.

Mbalula het verder in dieselfde antwoord gesê 288 mense is in die 2016-'17-boekjaar deur die polisie se eenheid vir beskerming en beveiliging (PSS) beskerm.

Sedert 1 April 2017 het dié syfer tot 289 mense aangegroei. Dit sluit 34 ministers en 37 adjunkministers, 77 buitelandse hooggeplaastes en 141 ander mense onder wie provinsiale hooggeplaastes in.

Die rede vir beskerming is volgens Mbalula gegrond op die uitkomste van individuele ontledings van dreigemente. Die totale koste van die beskerming is luidens die antwoord deel van die jaarlikse begroting wat aan die BBP- en PSS-eenheid toegeken word.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!