18 dood in treinramp in Taiwan
18 dood in treinramp in Taiwan

18 dood in treinramp in Taiwan

Ses van die oorledenes was jonger as 18 jaar oud, het plaaslike owerhede gesê.
Altesame 18 mense is dood in die grootste treinramp in Taiwan die afgelope drie dekades.

Taiwan se president, Tsai Ing-when, het Maandag haar medelye uitgespreek met familielede van diegene wat dood is en die 187 mense wat beseer is.

Volgens die owerhede het vier treinwaens Sondag omgeslaan toe al agt treinwaens met 366 passasiers om 'n draai naby 'n treinstasie in Jilan ontspoor het.

“Ons is werklik jammer. Julle moet sterk wees,” het Ing-when aan Tsjen Joe-tsjan (41), wie se enigste dogter in die ongeluk dood is, gesê.

“Ons sal alles doen wat ons kan,” het Ing-when aan nog 'n persoon gesê, wat onbedaarlik gehuil het tydens haar besoek aan 'n hospitaal.

Gesondheidsowerhede het mense aangemoedig om dringend bloed te skenk om die groot getal beseerde passasiers te help.

Ses van die oorledenes was onder die ouderdom van 18 jaar, het plaaslike owerhede gesê.

Een buitelander, 'n Amerikaner, was onder die slagoffers wat beseer is.



OORSAAK ONDUIDELIK

Volgens die Central News Agency is die treinongeluk dié eiland se dodelikste trein-tragedie sedert 'n treinongeluk in 1981 waarin 30 mense dood is.

Treindienste het weer gisteroggend vroeg hervat nadat die ontspoorde treinwaens na die eenkant van die spoorlyn geskuif is.

Dit is onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het en owerhede sê ondersoek word gedoen.

“Die trein was nogal in 'n goeie toestand,” het Loe Tsjieh-Sjen, adjunk-hoof van die spoorwegadministrasie, Sondagaand op 'n nuuskonferensie gesê.

Na verwagting sal die ontsporing nie 'n groot ekonomiese impak hê nie.

 – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!