18 leerlinge van verskillende skole toets positief vir Covid-19
18 leerlinge van verskillende skole toets positief vir Covid-19

18 leerlinge van verskillende skole toets positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Agtien leerlinge van verskillende skole oraloor in Namibië is deel van die 54 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, is 12 leerlinge verbonde aan die senior sekondêre skool Oshakati. Die nuwe gevalle sluit ook vyf gevangenes in die tronk op Oluno in. Uit die 54 nuwe gevalle is 31 mans en 23 vroue. Die jongste is een jaar oud en die oudste 75 jaar oud.

Uit die 54 nuwe gevalle is 18 in Oshakati, 16 in Windhoek, vyf in Rehoboth, een in Mariental, drie in Walvisbaai, twee in Swakopmund, drie in Otjiwarongo, een in Okahandja, twee in Gobabis en een onderskeidelik in Oshikuku, Outapi en Tsumeb.

Volgens Muinjangue het 22 mense in Khomas van die siekte herstel wat die totaal vir die land op 10 609 te staan bring. Tans het die land 1 718 aktiewe gevalle waarvan drie baie ernstig of kritiek is. Dit sluit een baie ernstige geval in Erongo en een baie ernstige en een kritieke geval in Khomas in.

Die Covid-19-verwante sterftes staan op 133, tot op hede is 119 523 weefselmonsters getoets en 7 631 kontakte word gemonitor. Tans is 1 144 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!