181 nuwe gevalle sluit leerlinge, gesondheidswerkers in
Vandag is 181 nuwe gevalle van Covid-19 aangekondig met gevalle in 10 streke waarvan die meeste in die Khomasstreek (66,9%) en wel 117 gevalle is. Uit laasgenoemde is 19 uit verskillende skole, met 15 wat kontakte van bevestigde gevalle is. Twee is gesondheidswerkers. Uit die 117 gevalle is 60 kontakte en 60% toon simptome. Die gevalle van ander streke sluit in 21 leerlinge waarvan 17 van die senior sekondêre skool SI!Gobs in Omaruru is, drie is gesondheidswerkers, twee van Omuthiya en een van die Nyangana-distrik en vyf vragmotorbestuurders. Uit die 64 gevalle uit ander streke is 30 kontakte en is 39% simptomaties.
Uit die 181 nuwe gevalle is 117 in Windhoek, 17 in Omaruru, sewe in Walvisbaai, vyf in Swakopmund, een in Usakos, ses in Karasburg, vyf in Lüderitz, een in Keetmanshoop, vyf in Otjiwarongo, vier in Omuthiya, een in Tsumeb, drie in Oshakati en drie in Mariental, een elk in onderskeidelik Nyangana en Andara en twee elk in onderskeidelik Outapi en Opuwo aangeteken.
Nog 100 mense het herstel wat die totaal op 13 874 te staan bring. Dit sluit 97 in Khomas, twee in Omaheke en een in Zambezi in. Die aktiewe gevalle staan nou op775 waarvan drie in 'n baie ernstige en een kritiek in Khomas en een kritiek in Erongo is.
'n Covid-19-verwante sterfte is in Windhoek aangemeld en wel die van 'n 61-jarige vrou met onderliggende toestande wat op 1 Desember tuis gesterf het. Dit bring die totaal op 152 te staan.
Tot op hede is 161 479 weefselmonsters getoets, 3 124 kontakte word gemonitor en 557 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie