19 nuwe gevalle, nog 160 herstel
Uit 458 weefselmonsters wat getoets is, het 19 (4,1%) positief vir Covid-19 getoets. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sluit dit 14 mans en vyf vroue in. Die jongste is agt jaar oud en die oudste 65 jaar oud.
Die nuwe gevalle is soos volg versprei: Oshakati 8, Windhoek 6 en Onandjokwe 5.
Volgens Shangula het nog 160 mense herstel wat die totaal op 9 611 te staan bring. Dit sluit 63 in Khomas, 40 in Ohangwena, 34 in Hardap, 19 in Erongo, 4 in //Kharas en 1 in Omaheke.
Uit die 1 937 aktiewe gevalle is 7 baie ernstig of kritiek. Dit sluit 1 kritieke geval in Erongo en 6 kritieke gevalle in Khomas in.
Die sterftesyfer bly op 125 en huidig word 9 895 kontakte gemonitor. Tot op hede is 104 309 weefselmonsters getoets en is 1 172 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.
Shangula het beklemtoon toegang tot Namibië is oop vir Namibiese burgers, houers van permanente verblyf asook dié met domisilie in die land. Buitelanders mag die land vir sake-, studie-, gesondheids- en toerismedoeleindes binnekom. Buitelanders moet met hul aankoms 'n negatiewe Covid-19-uitslag kan toon wat nie ouer as sewe dae is nie. Alle persone, buiten toeriste, wat die land binnekom, is onderworpe aan kwarantyn van sewe dae op hul eie koste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie