193 skole het 'kritieke' behoefte aan water, sanitasie
193 skole het 'kritieke' behoefte aan water, sanitasie

193 skole het 'kritieke' behoefte aan water, sanitasie

Unies sê om onderwysers te verwag om sonder water te werk, is nie ‘n deurdagte besluit nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Verskeie skole in die land is nie gerat vir onderwysers wat Maandag op die laaste landswyd weer op hul poste moes wees nie.

Die Onderwysersunie (TUN) en die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu) is beide dit eens dat verskeie skole nie voorkomingsmaatreëls volgens riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) in plek het om personeel teen Covid-19 te beskerm nie. Dit sluit handreinigers, maskers en lopende water in.

Volgens Nantu se sekretaris-generaal, mnr. Naftal Shigwedha, het verskeie nie water nie en sluit dit skole in Windhoek in.

“Die kwessie van gesondheid en veiligheid is ‘n prioriteit. Ek kan nie sien hoekom dit nie aangespreek is voordat onderwysers by skole moes aanmeld nie.”

Hy het personeel se terugkeer na skole en koshuise as “’n gejaagde besluit” beskryf en gesê sommige skole is afhanklik van boorgate wat nie meer water het nie.

“Om van onderwysers te verwag om sonder water te werk, is nie ‘n deurdagte besluit nie.”

Shigwedha het verwys na afdeling 42 van die arbeidswet wat bepaal ‘n werknemer het die reg om sy werksplek te verlaat sou sy of haar gesondheid in die gedrang is. Hy wou ook weet hoe skole die sosiale afstand tussen personeellede gaan toepas en of skole maskers aan personeel gaan voorsien.

Me. Toini Nayoma van die Onderwysersunie (TUN) het op haar beurt gesê die ministerie het “vir veels te lank” geen respek vir riglyne met betrekking tot water en sanitasie by skole gehad nie.

“Covid-19 het net gekom om ons daaraan te herinner dat gesondheid nie agterweë kan bly nie,” het sy gesê.

Die adjunk- uitvoerende direkteur vir finansies en administrasie in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, mnr. Knox Otto Imbuwa, het egter gesê hy vind dit vreemd dat skole eers vir onderwysers “reggemaak” moet word voordat hulle terugkeer.

“Hulle is deel van die skoolomgewing en deel van die proses om skole gereed te kry,” het hy gesê.

Volgens Imbuwa is ‘n bepaling reeds deur die ministerie gedoen van watter skole infrastruktuur kort, sowel as die fondse nodig om dit beskikbaar te stel. Imbuwa sê 193 skole het ‘n “kritieke behoefte” aan water en sanitasie.

Hy het beklemtoon onderwysers speel ‘n sleutelrol in die terugkeer van leerlinge na klaskamers en ‘n stel riglyne wat deur die ministerie saamgestel en uitgereik is, dui elkeen se onderskeie rol in die volgende paar maande aan.

Imbuwa het erken die ministerie het finansiële beperkinge en het verwys na elke skool se ontwikkelingsfonds waaruit geld gekanaliseer sal word om met aankope van onder meer maskers te help.

“Tien tot 15 persent van die ontwikkelingsfonds mag gebruik word om Covid-verwante noodsaaklikhede soos maskers en handreinigers aan te koop,” het hy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!