2 298 handvrye krane vir nedersettings
Danksy 'n inisiatief is altesaam 2 298 handvrye handewaspunte, oftewel tippy taps, binne drie weke in Goreangab, Otjomuise, Havanna en Ongulumbashe gebou. Hierdie inisiatief vorm deel van die Living Permaculture-projek wat innoverende oplossings vir alledaagse kwessies in informele nedersettings vind. Die plan was vir 28 vrywilligers om altesaam 2020 van die handewaspunte te bou. Hulle het egter dié doelwit oortref. Om hande met seep te was is een van die belangrikste maniere om die verspreiding van Covid-19 te voorkom. 'n Tippy tap is dus 'n goeie idee op plekke waar mense nie toegang tot lopende water het nie. Dit bestaan uit 'n waterhouer wat aan 'n raam hang. Die waterhouer word met 'n tou aan 'n pedaal op die grond gekoppel. As iemand die pedaal met sy voet trap, val die houer om en loop die water uit. Mense kan hul hande was sonder om aan enigiets te raak. Die handewaspunte word hoofsaaklik van herwinde materiaal gebou. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie