2 Britse burgers net soos spioen vergiftig

Die twee Britse burgers wat Saterdag bewusteloos in hul huis in Amesbury, naby Salis­bury in die suide van Engeland, gevind is, is met ­dieselfde ­chemiese middel Novichok vergiftig waarmee 'n voormalige Russiese spioen en sy dogter vergiftig is.

Die man en vrou, wat deur die BBC as Charlie Rowley (45) en Dawn Sturgess (44) geïdentifiseer is, is nou in 'n kritieke ­toestand in die hospitaal.

Reuters berig Neil Basu, Engeland se mees senior teenterreurbeampte, het bevestig die twee mense is blootgestel aan ­Novichok. “Ek het die uitslae van die toetse van Porton Down ('n militêre navorsingsentrum) gekry wat wys dat die twee mense blootgestel is aan die chemiese middel Novichok,” het Basu aan verslaggewers gesê.

Amesbury is slegs 11 km van ­Salisbury waar Sergei Skripal, die voormalige Russiese spioen, en sy dogter, Joelia, in Maart vanjaar met senugas vergiftig is.

Volgens Reuters is dit onbekend hoe die mense in kontak met die chemiese middel gekom het en of hulle die spesifieke teikens was. Die teenterreurpolisie lei nou die ondersoek.

Sowat 100 beamptes werk aan die saak en ten minste vyf ­verskillende plekke, wat 'n park, 'n apteek, 'n gemeenskapsentrum van 'n kerk in Amesbury en eiendom in Salisbury insluit, is afgesper.

“Ek het nie enige inligting of bewyse wat wys dat hulle op enige manier in die visier was nie. Daar is niks in hul agtergrond wat dit wys nie,” sê Basu.

Die Britse regering se noodkomitee, Cobra, het in die kabinet­kantoor vergader om die gebeure in Amesbury te bespreek. Dit word “met die uiterste erns gehanteer,” berig die BBC. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!