2 doodgeskiet by vakansieoord in Mali
2 doodgeskiet by vakansieoord in Mali

2 doodgeskiet by vakansieoord in Mali

Gewapende mans het Sondag ’n luukse vakansieoord in Bamako, die hoofstad van Mali, aangeval en twee mense doodgeskiet.

Minstens 36 mense kon gered word.

Vier gewapende mans op motorfietse en in ’n motor het in Le Campement Kangaba, naby Dougourakoro in die oostelike kant van die hoofstad, gearriveer.

Bamako word veral oor naweke deur buitelanders besoek.

“Ons het aanvanklik gedink hulle is gewapende rowers, maar ons weet hoe rowers werk – hulle behou nie ’n grondgebied nie – so ons vermoed nou dat hulle terroriste was,” sê Salif Traore, Mali se minister van sekuriteit.

Dele van die vakansieoord was ook aan die brand.

Mali se spesiale magte, voertuie van die Verenigde Nasies se vredesmag, asook Franse militêre pantservoertuie het die vakansieoord omsingel en ’n helikopter het oor die oord gevlieg.

Traore sê twee van die aanvallers is doodgeskiet terwyl twee ander mans gevlug het. Hulle het ’n masjiengeweer en plofstof agter gelaat. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!