2 meisies en seun vermoor, beseer talle in Nigerië
Minstens 30 mense het gesterf in Nigerië en meer as 42 ander is beseer toe twee meisies en 'n seun Sondag selfmoordbomaanvalle geloods het, berig CNN.
Die seun se aanval was buite 'n rolprentteater waar sokkerliefhebbers Sondagaand 'n sokkerwedstryd op televisie in Konduga, 'n dorpie in Borno, gekyk het.
Minstens 24 mense is in dié aanval dood en 21 beseer.
Die meisies het 'n paar kilometer verder hul selfmoordbomaanval uitgevoer en die dood van minstens ses mense veroorsaak.
Bello Dambatta, hoof van die staat se reddingseenheid, sê die drie het hulself op verskillende plekke in dieselfde area geposisioneer.
Reuters berig dat geen groep nog verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar het nie, maar pres. Muhammadu Buhari van Nigerië het reeds opdrag gegee dat die veiligheid opgeskerp word op plekke waar groot groepe mense byeenkom.
'n Anonieme nooddienswerker het aan Reuters gesê hulle het 'n harde slag in Konduga gehoor en op die toneel op die dooies en beseerdes afgekom.
“Die dodetal is eintlik meer as 30 en meer as 42 mense is beseer,” het die nooddienswerker gesê.
Boko Haram en 'n groep van die Islamitiese Staat is berug daarvoor dat hy aanvalle in Borno uitvoer.
Boko Haram beskou sokker en bierdrinkery tydens sokkerwedstryde glo as die Weste wat die mense korrup maak.– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie