2 sterf nadat Israel oor bom ‘wraak neem’
Israel se weermag het vergelding geneem op Palestyne in die Gasastrook.
Die aanval op ’n Palestynse uitkykpos in die Gasastrook, waarin twee mense Sondag dood en een gewond is, was uit wraak, het die Israelse weermag bekend gemaak.
Die weermag het op Twitter verduidelik dat die aanval vergelding was vir ’n bom wat in die nag langs die grensdraad geplaas is. Israelse weermagingenieurs het dit onskadelik gestel.
Twee lede van die Palestynse militantegroep, Islamitiese Djihad, het in die aanval gesterf. Dié groep is deels onafhanklik van die Islamitiese weerstandsbeweging Hamas, wat in beheer van Gasa is.
Minstens 113 Palestyne het reeds gesterf en duisende is gewond nadat die Palestyne op 30 Maart met massabetogings op die grens begin het. Die sterftes het reeds baie internasionale kritiek ontlok, maar Israel meen die betogings is bloot ’n front vir pogings om die grens te probeer oorsteek.
Daar was in dié tyd nog geen sterfgevalle aan Israel se kant nie, maar brandbomme vanuit Gasa het glo al heelwat skade aan Israelse landerye langs die grens aangerig.
’n Soldaat het wel Donderdag gesterf toe ’n stuk beton tydens ’n klopjag in die besette Wesoewer vanaf ’n gebou op sy kop laat val is. Honderde mense het Sondag sy begrafis in Jerusalem bygewoon. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie