2 Tekkie Town-bestuurders bedank by Star
Nellie Brand-Jonker - Twee topbestuurslede van Tekkie Town – Bernard Mostert en Dawie van Niekerk – het met onmiddellike ingang by Steinhoff Africa Retail (Star) bedank.
Blykbaar het nog sowat 130 personeellede, wat meestal senior bestuurders is, ook sedert Maandag bedank.
Boonop word verneem dat Braam van Huyssteen, stigter van Tekkie Town, vir Star kennis gegee het om teen einde Julie die twee persele op George waar hul hoofkantoor en verspreidingsentrum geleë is, te verlaat.
Star huur dit by Van Huyssteen. Van Huyssteen het ook onlangs by Star bedank.
Mostert sê hy en Van Niekerk het Maandag met onmiddellike ingang bedank omdat die situasie vir hulle onhoudbaar geword het.
“Ons werk al baie jare saam as ’n span. Ons is ook beste vriende; waar een gaan, gaan die ander een.”
Mostert was uitvoerende hoof van die spesialisafdeling van Star waarby Tekkie Town ingesluit is en Van Niekerk was die bedryfshoof.
Tekkie Town is in 2016 deur Steinhoff gekoop.
Volgens Mostert het die ongelukkigheid begin toe Steinhoff in Desember ineengestort het en Star daarna van Van Huyssteen ontslae probeer raak het.
Mostert sê hulle het probeer om die afdeling na die beste van hul vermoë te bestuur. “Ons resultate was goed, maar dit was duidelik ons kon nie meer vordering maak nie. Ons is op verskillende vlakke ondermyn. Daar was nie rasionele redes daarvoor nie.”
Volgens hom gaan hulle ’n proses van konstruktiewe ontslag volg.
Sedert hulle bedank het, het ’n “vlaag” mense bedank; hy sê sowat 130 mense wat meestal senior bestuurders is.
Mostert sê hulle het nie nou enige planne nie. “Ons gaan eers drie maande af vat. Dit was ’n baie rowwe sewe maande. Dit was traumaties vir almal. Ons gaan eers rus en dan besluit wat die volgende skuif is.”
Mostert het ontken dit hou verband met Van Huyssteen se dreigement einde Mei op radio dat hy met sy ou bestuurspan en personeel gaan uitstap uit Star.
“As die huidige bestuur my volg, gaan die onderneming (Tekkie Town) nie lank bestaan nie. Die onderneming sal disintegreer,” het hy op Cape Talk gesê.
Ná Steinhoff se oorname van Tekkie Town het Van Huyssteen en sy span Steinhoff-aandele gekry wat hulle drie jaar lank moes hou.
“Niemand het die katastrofe voorsien wat sou volg nie. Dit het ongelukkig geblyk ons is met Monopolie-geld betaal,” het Van Huyssteen gesê.
Tekkie Town het in Mei ’n eis van sowat R1,76 miljard teen Steinhoff ingestel as vergoeding vir die koop van die onderneming.
Van Huyssteen het bedank nadat hy gesê het hulle is “vervreem” ná die gebeure in Desember en dat die situasie “totaal onhoudbaar geraak het”.
Behalwe die eis teen Steinhoff het die voormalige eienaars van Tekkie Town begin Junie ook ’n eis teen Star aanhangig gemaak vir ’n bonus waarop daar volgens hulle as deel van die oorspronklike koopkontrak ooreengekom is.
’n Woordvoerder van Tekkie Town se voormalige eienaars het aan Netwerk24 gesê die prestasiebetaling sou oor ’n tydperk van drie jaar geskied en die eis kan sowat R1 miljard beloop as al die prestasiemaatstawwe bereik word.
Van Huyssteen het glo vir Star kennis gegee om die perseel waar die hoofkantoor en verspreidingsentrum in George geleë is, voor einde Julie te verlaat. 250 mense werk hier.
Hy het Star glo twee weke gelede kennis gegee dat hy kontrakbreuk gepleeg het.
Star wou nie hierop kommentaar lewer nie.
Star het bevestig Mostert en ander senior bestuurders het bedank.
’n Tussentydse bestuurspan onder leiding van Riaan van Rooyen (tans bedryfsdirekteur van Ackermans) is ontplooi.
“Tekkie Town is ’n belangrike deel van Star en nog ondersteuning sal aan die onderneming verskaf word. Tekkie Town sal soos normaal sake doen.”
In ’n kort verklaring is gesê Tekkie Town het 368 winkels van die 5 100 in Star se stal en dra 3% van sy jaarlikse inkomste by. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie