2 van Trump se manne verskil oor Bin Salman
Twee Republikeinse Amerikaanse senators het ná afloop van ’n vergadering met die Amerikaanse Intelligensiediens (CIA) gesê hulle is nou selfs sekerder dat Saoedi-Arabië se kroonprins ’n rol gespeel het in die moord op die joernalis Jamal Khashoggi.
Lede van die senaat se komitee oor buitelandse sake het Dinsdag hul stem dik gemaak na die vergadering met die CIA-direkteur, Gina Haspel, berig BBC.com.
Senator Lindsey Graham, ’n ondersteuner van die Republikeinse pres. Donald Trump, sê hy glo vas dat Mohammed bin Salman (die kroonprins) medepligtig was aan die moord op Jamal Khashoggi.
Die Trump-administrasie het tot dusver gesê daar is geen direkte bewyse dat die kroonprins betrokke was nie en oorweeg daarom nie stappe nie. Saoedi-Arabië word deur Amerika as “’n vriend beskou” en die twee lande het ook sterk ekonomiese bande, onder meer ’n groot hangende kontrak vir wapenverkope.
Graham sê vir so lank as wat die kroonprins in sy amp bly, kan hy nie Saoedi-Arabië se betrokkenheid by die oorlog in Jemen, of wapenverkope aan die land se regering, ondersteun nie.
ROKENDE SAAG
Hy beskryf die kroonprins as ’n slopingsgewig en sê hy is “mal” en “gevaarlik”. Volgens hom is daar nie net figuurlik ’n rokende pistool by die moord te siene nie, maar ’n rokende saag. Dit verwys na die vermoede dat Khashoggi se lyk in Oktober vanjaar opgesaag is en met suur in ’n drein afgespoel is.
Saoedi-Arabië het 11 mense van die moord aangekla, maar ontken dat die kroonprins enige rol gespeel het.
Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse sake, en Jim Mattis, die minister van verdediging, sê daar is nie ’n enkele bewysstuk wat Bin Salman aan die moord verbind nie.
Graham en nog ’n Republikeinse Trump-ondersteuner het teen hierdie regeringsmenings in gesê dit maak nie saak dat daar nie fisieke bewyse is nie, want wat hulle gehoor het, het hulle oortuig van die prins se betrokkenheid, berig The Washington Post.
“As die kroonprins voor ’n jurie verskyn gaan hy binne 30 minute skuldig bevind word,” sê senator Bob Corker, voorsitter van die senaat se komitee oor buitelandse sake.
Hy het die moord as “onaanvaarbaar” bestempel, berig ABC News. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie