20 dood, 13 gyselaars bevry in Dhaka
Soldate het Saterdagoggend minstens 13 gyselaars bevry en ses gewapende aanvallers doodgeskiet om ’n einde te bring aan ’n gyselaarsdrama wat oornag in ’n gebied met baie ambassades in Dhaka, Bangladesj, plaasgevind het.
Die lyke van 20 gyselaars is in die restaurant gevind. Hulle was almal buitelanders.
"Die operasie is afgehandel," sê brig.genl. Mujibur Rahman, wat in beheer was van die reddingsoperasie by die Holey Artisan Bakery-restaurant waar die aanvallers Vrydagaand toegeslaan het.
Rahman sê 14 mense is bevry.
Sjeikh Hasina, premier van Bangladesj, gee egter ’n ander getal.
"Ons kon 13 mense red en ses van die terroriste is op die toneel dood," het sy in ’n mediakonferensie gesê. Sy sê een van die terroriste lewe en is in hegtenis geneem.
Voordat die soldate die gyselaarsdrama beëindig het, het getuies sowat tien minute lank geweervuur gehoor.
Isis het aanspraak gemaak op verantwoordelikheid deur sy mediavleuel, Amaq, maar Amerikaanse veiligheidsbeamptes betwyfel dit.
Minstens 40 mense, meestal polisielede, is beseer in die aanloop tot die naglange gyselaarsdrama. Twee van die polisielede wat eerste op die toneel was, is dood in die aanvanklike skiet geveg. – Netwerk24/CNN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie