Outyd vir 1 Julie 2016
Outyd vir 1 Julie 2016

Outyd vir 1 Julie 2016

Errol Hurter
Maandag 24 Junie
• Botswana het die aankoop van verskeie straalvegter-bomwerpers en vyftig tenks bevestig, maar ontken dat sy aankope enigsins verband hou met sy grensdispuut met Namibië oor die Kasikile-eiland in die Choberivier.
• Die Namibiese aandelebeurs, die NSE, het op die voorgrond van wêreldfinansies getree en verseker dat die internasionale kollig opnuut op Namibië val met sy aanwysing as een van die wêreld se ses beste aandelebeurse.


Dinsdag 25 Junie
• Die verspreiding van noodvoedsel gaan nou onder die wakende oë van die streekgoewerneurs en streekraadslede geskied in ? drastiese poging om verdere droogtehulpbedrog te stuit.
• Namibiese beesuitvoere na die ope mark in Suid-Afrika is voorlopig gestaak nadat spore van longsiekte gevind is by ? klomp diere wat na bewering van agter die Rooilyn die land ingesmokkel is en daarna op die hoef na die buurland uitgevoer is.


Woensdag 26 Junie
• Nog ? ramp het die Namibiese beesboere getref toe alle beesuitvoere op die hoef na Suid-Afrika na bewering summier gestop is.
• ? Vrou is in haar arm geskiet en Lüderitz is ontwrig toe bottels en klippe op die polisie gereën het in ? halfuur van wilde woede tydens ? klopjag op die hawedorp se smokkelhuise.


Donderdag 27 Junie
• Die Italiaanse regering gaan sy diplomatieke bande met Namibië tydelik verbreek en sy ambassade in Windhoek Vrydag tydelik sluit. Dié drastiese stap is genoodsaak deur “geldelike beperkinge” waaronder die Italiaanse regering nou gebuk gaan.
• Rundu en groot dele van die grensgebied in die Kavango-streek is sedert Dinsdag onder militêre beleg nadat ? skietgeveg tussen die Namibiese weermag en Unita losgebars het.


Vrydag 28 Junie
• Die raaisel van mnr. Hans-Peter Sagill wat sowat twee jaar gelede spoorloos aan die kus verdwyn het, is vandeesweek met ? grusame vonds opgelos. ? Bakkie wat agter ? kliprantjie versteek was, is deur twee inwoners van Hentiesbaai opgemerk toe hulle besig was om klippe in die woestyn op te tel. Die skelet van mnr. Sagill is in die voertuig gevind met sy polshorlosie wat steeds tyd gehou het.


Sondag 30 Junie
• Die grootskeepse misbruik van staatsvoertuie het opnuut na vore gekom in polisie-optrede Vrydagnag in Windhoek waartydens verskeie GRN-voertuie by nagklubs en smokkelhuise gevind is.
• ? Tweede aanslag binne twee weke is gemaak op die lewe van mnr. Adie Bauer, die Duitse afrigter van die Windhoekse sokkerspan African Stars. Hy bewoon egter nie meer die huis waar die tweede bom gegooi is nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer