20 Jaar Gelede
Maandag 29 Desember 1997
- P.S. Meyer se steenbras van 17, 5 kg het Vrydag aan hom N$10 000 besorg toe hy die algehele wenner van die Penguin–hengelklub se jaarlikse Bonanza was. Hy het sy wenvis net suid van Hentiesbaai by Bennie se Rooi Lorrie gevang.
- Reënweer van die afgelope week het gistermiddag in algemene neerslae oor groot dele van die Noorde en sentrale gebiede van Namibië oorgegaan.
- Die oorskotte van nog ’n onbekende aantal slagoffers van die rampvlugte van Amerikaanse en Duitse militêre vliegtuie op 13 September noordwes van Möwebaai is gevind. Die vliegtuie het oor die verlate seegebied in die lug gebots en vergaan.
- Regsverteenwoordigers van oud-pres. Kenneth Kaunda van Zambië sê hy lyk “baie swak” waar hy in die Mukobeko-maksimumgevangenis op Kabwe, sowat 100 km noord van Lusaka, aangehou word.
- Rowers het Saterdag in Windhoek met N$20 000 weggekom in ’n gewapende bankroof.
- Meer as tweehonderdduisend mense uit die binneland en Suid-Afrika het oor die Kersnaweek op die Namibiese kus toegesak. Konserwatief gereken, sal minstens N4 miljoen van die middel van Desember tot ná Nuwejaarsdag op die kusdorpe deur besoekers in omloop kom.
Dinsdag 30 Desember 1997
- Tussen Kalkfeld en Sukses moes mense se motors gister deurgehelp word toe dit deur waterstrome voorgekeer is. Dit het tot diep in die Namib gereën en reisigers tussen Swakopmund en Windhoek het feitlik die hele pad in nat toestande afgelê.
- Die hotel Aranos het skade van etlike duisende Namibiese dollars opgedoen toe ’n brand ’n gedeelte verwoes het voordat dit deur ’n reënbui en die hulp van besoekers, boere en inwoners van die dorp geblus is.
- Walvisbaai is maar een van die Suider-Afrikaanse hawens wat deur ’n Johannesburgse sakeman geoormerk is om die aflaaiplek van enorme hoeveelhede vullis uit New York te word.
- Percy Montgomery, vonds van Springbokrugby op die afgelope toer na Italië, Frankryk en die Britse Eilande kuier langs die Namibiese kus. Hy het van sy seunsjare op Walvisbaai deurgebring en daar word onder andere by ou vriende aangedoen.
- Die getal mense wat dusver in die vakansieseisoen op Namibiese paaie dood is, het in die afgelope week byna verdubbel, volgens polisiewoordvoerders.
- Sekere statutêre wysigings is deur die Minister van Arbeid op aanbeveling van die Maatskaplike Sorgkommissie aan die bepalinge van die kommissie aangebring wat hoofsaaklik eise vir swangerskap- en siekteverlof raak.
Woensdag 31 Desember 1997
- Die eerste damme het water gekry ná die goeie reën wat oor groot dele van die land uitgesak het.
- Die Namibiese visbedryf het ’n meevaller gekry in die vorm van ’n verdere verhoogde subsidie van ongeveer 30 sent per liter diesel wat verlede week deur die Kabinet goedgekeur is.
- ’n Vlugroete vanaf Walvisbaai oor Kaapstad na New York sal na verwagting in die loop van 1998 as deel van Air Namibia se oorsese dienste ingestel word.
- ’n Afvaardiging van die Ministerie van Vervoer onder leiding van die Adjunkminister, dr. Klaus Dierks, vertrek op 6 Januarie op ’n besoek aan Botswana vir ’n inspeksie van die Trans-Kalahari-snelweg wat onlangs oopgestel is.
- Lede van die Polisie en ander wetstoepassers sal vining en beslissend optree teenoor enige persoon wat ’n vuurwapen op ’n lid van die polisiemag rig of probeer rig en daardeur die wetstoepasser se lewe bedreig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie