20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 19 November 2001

- ’n Australiese mynreus, Reefton Mining van Perth, loop voor in ’n internasionale stormloop om die ondergrondse skatte van die noordweste van Namibië.

- Die tweede Boeing 747-vlugkaptein van Air Namibia is binne enkele dae in opdrag van die waarnemende besturende direkteur tydelik van hul dienste onthef vir beweerde voorvalle op internasionale vlugte.

- Die omstredenheid rondom die erkenning van tradisionele leiers het Woensdag byna tot pandemonium in die Nasionale Vergadering (NV) gelei.

Dinsdag 20 November 2001

- Namibië se taalverskeidenheid gaan ingespan word om ’n nasionale belang en konsensus op wette rondom tradisionele gesag te bewerkstellig.

- Kollektiewe besluitneming en die bevordering van eenheid moet sentraal wees in die oplossing van tradisionele geskille.

- Altesaam 15 verdagtes is die naweek in die Windhoekse woonbuurte Wanaheda en Ombili aangekeer in polisie-operasies om gesteelde en onwettige goedere terug te vind of op te spoor.

Woensdag 21 November 2001

- ’n Bykomende N$6 miljoen is dringend nodig om ’n agterstand in te haal in die registrasie van mense wat om die uitbetaling van maandelikse ouderdomspensioene kwalifiseer.

- Namibië se “verantwoordelike optrede” in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is vir ’n tweede keer deur die VVO-paneel van kundiges geprys wat die plundering van natuurbronne in die land ondersoek.

- Die voormalige polisiesersant van Okahandja wat van die moord op mnr. Jan Berg aangekla was, is gister onskuldig bevind en ontslaan.

Donderdag 22 November 2001

- Leningsooreenkomste tussen NamPower, die Europese Belleggersbank en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsbank het vandeesweek die Namibiese elektrisiteitsnetwerk oor nog ’n groter deel van die land ’n werklikheid gemaak.

- Staatsbesteding moet in die volgende twee begrotingsjare met 30 persent besnoei word in ’n poging om staatskuld op minder as 25 persent van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) te laat stabiliseer.

- Air Namibia se bates ten opsigte van toerusting en menslike hulpbronne het in ’n rekordtyd drasties gekrimp, terwyl skuld op sy enigste vliegtuig tot meer as N$1 biljoen toegeneem het.

Vrydag 23 November 2001

- Die nypende tekort aan plaaslike mediese personeel het die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste daartoe genoop om nog sowat 92 buitelandse mediese beamptes in Namibië aan te stel.

- Terwyl ’n advertensieveldtog volgende week van stapel laat loop word vir ’n nuwe besturende direkteur vir Air Namibia, het die waarnemende besturende direkteur ’n volledige inkopielys vir ’n gehuurde vliegtuigvloot aan ’n Suid-Afrikaanse verskaffer voorgelê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!