20 Jaar Gelede
Paasmaandag 13 April 1998
Dinsdag 14 April 1998
- Namibië het weer eens ’n swart Paasnaweek beleef nadat 19 mense aan onnatuurlike oorsake gesterf het. Minstens veertien mense is in padongelukke dood en die polisie het gister verwag dat dié syfer verder kan styg.
- Chaos het Vrydagmiddag op Uis uitgebreek toe ’n storm binne sowat 20 minute honderde duisende dollar se skade op die dorp aangerig het.
- ’n Storm het Donderdag in die Nasionale Vergadering (NV) losgebars toe die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, antwoorde verstrek het oor die handelsooreenkoms ten bedrae van N$25 miljoen tussen Namibië en die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK).
- Die swak gedrag van ’n groep motorfietsryers oor die Paasnaweek by die kus het daartoe gelei dat talle Suid-Afrikaners, wat verkeersoortredings gedurende dié tydperk by die kus begaan het en aan wie dagvaardigings uitgereik is, op hulle terugtog hul rieme by die onderskeie gresnposte sal styfloop as hulle nie hul boetes voor hul terugkeer betaal het nie.
Woensdag 15 April 1998
- Vier rowers bewapen met jagmesse het die afgelope Paasnaweek ’n skrikbewind by toeriste-aantreklikhede in Windhoek gevoer waar hulle op weerlose vrouens toegeslaan het. Waardevolle artikels en kontant is in die rooftogte buitgemaak.
- ’n Seereddingsdrama wat in ’n waas van geheimsinnigheid gehul is, het hom oor die naweek aan die suidelike Angolese kus afgespeel toe ’n buitelandse vragskip, wat glo ’n vrag mangaan aan boord sou gehad het, net noord van die Namibiese en Angolese grens gesink het.
- Die geheimsinnigheid oor die sogenaamde handelsooreenkoms ten bedrae van N$25 miljoen tussen die regerings vaan Namibië en die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is besig om te verdiep.
Donderdag 16 April 1998
- ’n Boewebewind rondom Windhoek se toersiteaantreklikhede in die oostelike voorstede het sy 21ste slagoffer in een naweek geëis. ’n Australiër op ’n wêreldtoer het deurgeloop.
- Brandstof is van môre goedkoper.
- Die laaste San-groep in die wildreservaat Sentraal Kalahari, die Khwe-San, word bedreig deur ’n poging van die Botswana-regering om hulle uit die gebied te verdryf.
- ’n Moeilike maar nie onoorkomelike taak rus op die skouers van die Ministerie van Streek- en Plaaslike Owerheid en Behuising om tot die bevrediging van alle gemeenskappe, erkenning aan tradisionele owerhede te verleen.
Vrydag 17 April 1998
- Die gemeenskappe van Tsumeb, Kombat en Otjihase buite Windhoek is sedert gisteraand in ’n greep van paniek met 1 950 werkers van Tsumeb Corporation (TCL) wat summier huis toe gestuur is.
- ’n Noodvergadering van alle belanghebbende partye in die sake- en toerismebedrywe is gister in Windhoek byeen geroep om die ongekende vlaag van aanvalle en rooftogte op veral buitelandse toeriste te bespreek.
- Vyf verdagtes is gisteroggend tydens ’n spesiale polisie-operasie in Windhoek aangekeer in verband met beweerde poging tot roof wat verband hou met die vlaag aanvalle op buitelandse toeriste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie