20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 27 September 1999

- Verwarring oor noodvoedsel het veroorsaak dat die meeste van die sowat 5 000 nedersetters in Wes-Caprivi aanvanklik nie vir die droogtehulpprogram van die regering geregistreer was nie.

- Plakkaatswaaiende plakkers van Mondesa het Vrydag gedreig om die stadshuis van Swakopmund te betree en die onderburgemeeste, me. Rosina Hoabes, en raadslid Elifas Xoagoseb te gaan uithaal om na hul besware te luister en hul petisie te ontvang.

- ‘n Papier- en propaganda-oorlog het losgebars dae voor die verkiesingsdatum deur president Sam Nujoma aangekondig word.

Dinsdag 28 September 1999

- Jaagduiwels en dronk bestuurders sal in die vervolg twee keer moet dink voordat hulle nóg ‘n sopie skink of aan die versoeking toegee om die lepel weg te trap wanneer hulle agter die stuurwiel inskuif.

- Die waarheid is uit oor die middernagtelike bedrywighede van ‘n groep minderjarige graffiti-vandale wat die stad in anderhalfmaand met hul kannetjies spuitverf ontsier het.

- Die ondersoek na die beweerde marteling van Caprivi-samesweerders deur lede van die Polisiemag kan nog etlike maande duur voordat dit afgehandel is.

Woensdag 29 September 1999

- Geldskieters in Namibië gaan ‘n kopskoot kry wanneer wetgewing binne die volgende maand in die Parlement deurgevoer kan word om hul werksaamhede te reguleer.

- Namibiese sokker staan voor sy grootste krisis sedert onafhanklikwording met nasionale verleentheid wat op die vooraand van die Cosafa Castlebeker-eindstryd in Windhoek die naweek dreig.

- Die eerste vonke het gespat rondom die komende verkiesing wat sedert onafhanklikwording die rekord vir intimidasie hou.

- Die drie Duitse toeriste wie se Namibiese besoek vroeër vanjaar in ‘n nagmerrie ontaard het toe hulle by die Spitzkoppe naby Usakos deur twee rowers oorval en hul een toermaat voor hul oë vermoor is, het gister by die Hoërhof in Windhoek as getuienis aangemeld.



Donderdag 30 September 1999

- Die laaste rusplek van een van Namibië se voorkoloniale inwoners is gister toevallig in Jan Jonkerstraat oopgegrawe toe ‘n gat vir ‘n advertensiebord gegrawe is.

- ‘n Bejaarde man van Ostringen in Duitsland het gister in fyn besonderhede getuig oor die ure van hel wat hy, sy vrou en vriendin deurgegaan het nadat hul droomvakansie vroeër vanjaar by die Spitzkoppe naby Usakos in ‘n nagmerrie ontaard het.

- Nog twee graffiti-vandale het gisteroggend vlugtig in die Windhoekse landdroshof verskyn op aanklagte van openbare saakbeskadiging en die onwettige besit van dagga.

Vrydag 1 Oktober 1999

- Namibië se nasionale rugby- en sokkerspanne draf binne die volgende 36 uur uit, duisende kilometres van mekaar in onderskeidelik Frankryk en Windhoek in geskiedkundige kragmetings om die hoogste louere in te palm.

- Die verkiesing van lede van die Nasionale Vergadering en ‘n president gaan waarskynlik oor twee dae gehou word met 1 en 2 Desember as moontlike stemdatums.

- Die verlies van miljarde dollars se inkomste uit die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) wat Namibië binne die volgende vyf jaar sal ondervind, kan die regering na desperate maatreëls soos belastingverhogings laat gryp.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!