20 jaar gelede . . .
20 jaar gelede . . .

20 jaar gelede . . .

Maandag 29 Maart

• Onrusbarende verliese van N$77 miljoen in die derde maand van die 1999-boekjaar het die land se nasionale lugredery in die grootste finansiële verknorsing van sy bestaan.

• 'n Rugby-rewolusie dreig om Namibiese rugby in die aanloop na sy eerste Wêreldbeker-deelname en midde sy teleurstellende vertoning in die Vodacombeker-reeks.

• Die nuwe salarisstruktuur vir onderwysers, wat gegrond is op werkwaarde en persoonlike prestasies, is vir die Namibiese regering te moeilik om te implementeer.



Dinsdag 30 Maart

• Air Namibia het gister sy besluite om tussen 100 en 150 werknemers af te dank, al sy vlugroetes te hersien en selfs sekere departemente te ontbind, verdedig as 'n 'laaste poging om die geknelde nasionale lugredery van algehele ondergang te red'.

• Frats weerstoestande langs die weskus van Namibië het kusdorpe sedert die naweek in chaos gedompel met woonstelle en motorhuise wat oorstroom het, dakke wat lek en strate wat in modderbaddens omskep is.

• Verskerpte rebelle-offensiewe wat sedert Februarie in die ooste van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) teen Namibiese stellings geloods word, word midde groot rebelle verliese suksesvol weerstaan.

• Min reën wat sedert Januarie tot Maart in die Mieliedriehoek en ander akkerbou-gebiede ontvang is, het die kommersiële oeste vir vanjaar op ver onder die verwagte gemiddelde oes te staan gebring.



Woensdag 31 Maart

• Die eerste internasionale ivoorveiling in die wêreld in byna 'n dekade sedert die verbod op handel in ivoor in 1990 ingestel is, gaan aanstaande week in Namibië gehou word.

• Nog 'n werker by die Ministerie van Werke, Vervoer en Kommunikasie se Afdeling: Lugvervoerdienste by die lughawe Eros is weens beweerde diefstal in hegtenis geneem.

• Drastiese stappe gaan gedoen word om die Swapo-maatskappy, Kalahari Holdings en sy filiale, uit sy finansiële verknorsing te kry.



Donderdag 1 April

• Die Auasberge in die agtergrond van die lughawe Eros was vanoggend die welkomsgroet van die langverwagte nuwe vliegtuig van digby N$530 miljoen vir President Sam Nujoma.

• Die Windhoekse munisipaliteit staan opnuut in die beskuldigdebank dat hy 'n verbod op die bedrywighede van klein ondernemings in die stad plaas terwyl die Regering en die private instansies daagliks spook om gunstige omstandighede vir werkverskaffing te skep.

• Namibië se voorstel om meganismes daar te stel om vry en regverdige verkiesings in lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) te bewerkstellig, is op 'n verkiesingsberaad van nege SADC-lande in Suid-Afrika eenparig aanvaar.



Vrydag 2 April

• Geen koerant (Paasvrydag)

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!