20 jaar gelede
Maandag 28 Mei 2001
- Afrika as toerismebestemming word die week in Windhoek onder die soeklig geplaas met die begin van die 36ste vergadering vandag van die kommissie van die Wêreld Toerisme Organisasie vir Afrika (WTO).
- Die onttrekking van Namibiese troepe uit die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) kan binne die volgende twee weke begin.
- Twee jong kinders was die slagoffers van beweerde nalatige bestuur en hoë spoed wat die naweek die lewens van minstens ses mense in motorongelukke dwarsoor Namibië geëis het.
Dinsdag 29 Mei 2001
- Die boek op ongestrafde misdade teen die inwoners van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) kan vandeesweek in Windhoek toeklap wanneer die internasionale strafhof (ICC) in dié streek deur parlementariërs, mediapraktisyns en burgers van dié lande in diepte bespreek word.
- Afrika se vermoë om as ’n toerisme-eindpunt mee te ding hang van die toerismebedryf se vermoë af om homself te organiseer, het die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, gister by die opening van ’n konferensie van die Wêreldtoerisme-organisasie se Burgerlugvaartkomissie gesê.
Woensdag 30 Mei 2001
- Afrikalande, met die media en nasionale lugrederye as vennote, moet ’n gesamentlike poging aanwend om die vasteland as toeristebestemming te bemark.
- Indien onwettige grondbesetting in die buitewyke van Windhoek nie onmiddellik beëindig word nie, staar ’n ernstige krisis die stad in die gesig.
Donderdag 31 Mei 2001
- Die nagenoeg 80 000 staatsamptenare gaan eersdaags hul hande aansienlik dieper in hul sakke steek om vir mediese kostes te betaal.
- ’n Amptelike ontleding van Telecom Namibia se nuwe tariewe vir plaaslike oproepe wat môre van krag word, het gister op verhogings van tot 125 persent gedui.
- Altesame 16 MIV-positiewe tieners uit ’n groep van meer as tweehonderd swanger meisies jonger as 25 jaar het die afgelope vyf maande aborsies in Kaapstad ondergaan.
Vrydag 1 Junie 2001
- Namibië is saam met minstens ses ander Afrikalande in die beskuldigdebank oor onmenslike vergrype in die DRK, volgens die jaarverslag van Amnestie Internasionaal wat vandeesweek in Londen vrygestel is.
- Vyf vermeende lede van ’n Windhoekse misdaadsindikaat was gister op Omaruru agter slot en grendel, nadat hulle in en om die tak van ’n groot handelsbank op die dorp vasgetrek is.
- Die laaste woord oor die wysiging of afskaffing van die staat se mediese fonds (Psemas) is nog nie gespreek nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie