20 JAAR GELEDE
20 JAAR GELEDE

20 JAAR GELEDE

Karin Eloff
MAANDAG 12 MEI 1997

- Die spook van verlede seisoen se uitmergelende droogte loop nog en die kommersiële sowel as kommunale boere ondervind ernstige kontantvloei probleme as gevolg daarvan.

- President Nujoma het ontken dat hy in 1967 op die grens tussen Namibië en Zambië gearresteer is.

- Nóg ’n beweerde daad is gevoeg by die reeks klagtes wat reeds gemaak word teen die 18-jarige Kevin Angula, stiefseun van die Eerste Minister en broerskind van die Minister van Landbou.

DINSDAG 13 MEI 1997

- Die Namibiese grondbaron, mnr. Werner List, het gister die President se verjaarsdagpartytjie gekies om bekend te maak dat hy ses van die Ohlthaver en List-groep se plase aan die regering skenk.

- Suid-Afrika se eerste “swart goud” is gisteroggend uit die Oribi-olieveld sowat 140 km suidwes van Mosselbaai ontgin en amptenare sê hulle hoop om 20 000 houers ruolie per dag uit te pomp.

- Die voormalige Minister van Verdediging van Suid-Afrika en gewese bevelvoerder van die veiligheidsmagte in die destydse Suidwes-Afrika, genl. Magnus Malan, het gister daarop aangedring dat hy en brig. Theo Krauss, die Namibiese president, mnr. Sam Nujoma, op die Windhoekse lughawe in hegtenis geneem het.

WOENSDAG 14 MEI 1997

- Altesame tien weelde-interkontinentale stralers in die prysklasse van sowat N$130 miljoen tot meer as N$200 miljoen is in die wedloop om ’n staatstender vir die vervanging van die Falcon 900B as presidensiële vliegtuig.

- Amerika het in beginsel onderneem om ’n gangbaarheidstudie oor die aansluiting van spoorverbindings tussen Namibië en Angola te finansier nadat Washington aanvanklik sy steun aan dié projek van miljoene der miljoene dollars weerhou het.

DONDERDAG 15 MEI 1997

- ’n Deurbraak as gevolg van knap speurwerk deur die narkotika-tak van die Namibiese Polisie het tot die beslaglegging op bykans 7kg kokaïen met ’n waarde van N$3, 2 miljoen gelei.

- ’n Lankverwagte Namibiese droom gaan verwesenlik word. Die Kudu-gasveld sal sy eerste ontginde gas teen die jaar 2000 aan wal kan bring.

- President Sam Nujoma begin vandag met ’n staatsbesoek van drie dae aan Angola wat daarop gemik is om die bestaande betrekkinge tussen die twee lande verder te versterk en om sake- en handelsbande te ondersoek.

VRYDAG 16 MEI 1997

- Een van die besbewaarde geheime van Swapo – die wyse waarop sy kandidatelyste vir die aanstaande plaaslike verkiesings en toekomstige verkiesings op streeks- en nasionale vlak saamgestel gaan word – is uit!

- Gert Botha, die voortvlugtige plaasbestuurder van Leonardville, is in Pretoria opgespoor waar hy sy prokureurs opdrag gegee het om sy onskuld te bewys en ’n sameswering teen hom en sy gesin deur Russiese beleggers en –grondeienaars in Namibië te ondersoek.

SONDAG 18 MEI 1997

- Ses duur motors vir die presidensiële stoet het gister in Windhoek aangekom.

- Die Namibiese regering stel nie belang in die aanbod van die Suid-Afrikaanse Waarheids- en Versoeningskommissie om sittings in die land te kom hou nie.

- Die publiek word gewaarsku teen maatskappye wat meer rente vra op terugbetalings en lenings soos in die Woekerwet voorgeskryf word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!