20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 24 Desember 2001

- Namibië het sy swartste naweek op die paaie beleef met minstens 14 mense wat in ongelukke omgekom het.

- Die rand, die geldeenheid waaraan die Namibiese dollar gekoppel is, het op die vooraand van Kersfees ’n nuwe rekord laagtepunt bereik wat die Suid-Afrikaanse regering kan noop om maatreëls in te stel om die geldwaarde te verstewig.

- Boewery deur Namibiërs op Langstrand het meegebring dat besoekers uit Suid-Afrika dae voor die einde van hul bestemde vakansie opgepak en teruggekeer het huis toe.

- Namibië is by verre die grootste produsente van duiwelsklou ter wêreld.

- Kaiser Wilhelm is op Swakopmund gesteel. Gisteroggend was die eertydse Duitse koloniale heerser skoonveld uit Swakopmund se hoofstraat nadat die naam daarvan Dinsdag tydens ’n plegtigheid na Sam Nujoma-rylaan herdoop is.

Dinsdag 25 Desember 2001

- Kersdag

Woensdag 26 Desember 2001

- Familiedag

Donderdag 27 Desember 2001

- Jannie Augustyn van Windhoek is die wenner van die Toyota Tazz vir die grootste eetbare vis op vanjaar se Bonanza. Sy wenkabeljou het die skaal op 19,8 kg getrek.

- Terwyl die Amerikaanse president, mnr. George W. Bush sy tevredenheid met verloop van die oorlog in Afganistan in ’n Kersboodskap uitgespreek het maak Amerikaanse seesoldate hulle gereed om in die berge van oos Afganistan ontplooi te word in die soeke na Osama bin Laden.

- Unita-terreuraanvalle het Kersvieringe in die Shiyungwe-nedersetting in die Kavangostreek tot stilstand geruk toe 20 inwoners deur rebelle na Angola ontvoer is.

- Die gebruik van vuurwerke in die Nuwejaarsgety op Swakopmund kan tronksake word.

- Vermeende brandstigting het sowat 50 000 hektaar weiveld verwoes in die vernietigende vuur wat die afgelope dae in die Auasberge suid van Windhoek woed en wat vir kilometers sigbaar was deur die rookbank aan die suide en ooste van die hoofstad.

Vrydag 28 Desember 2001

- Vyf noodlottige ongelukke, drie tref-en-trap-ongelukke en ’n botsing teen ’n olifant het vanjaar se Kersdodetal op die paaie op 26 te staan gebring wat twee sterftes meer as verlede jaar in die ooreenstemmende tyd is.

- Terwyl spekulasie rondom die dood van Osama bin Laden voortduur, is spanning besig om tussen Indië en Pakistan op te bou.

- ’n Gees van afwagting heers in Zambië op die uitslag van gister se presidents- en algemene verkiesing wat volgens politieke ontleders na verwagting op die land se eerste koalisieregering in sy geskiedenis gaan uitloop.

- Die tradisionele tandarts van die Omatjanda nedersetting noord van Opuwo, se Kersgeskenk vir een van sy pasiënte, was ’n gebreekte kakebeen.

- ’n Veel groter taak as gewoonlik wag op die Direktoraat Veeartsenydienste in sy gereelde inentingsveldtogte teen hondsdolheid in die Noord-Sentrale gebied van die land.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!