20 Jaar Gelede
Maandag 13 Julie 1998
- Planne om alle landmyne te vernietig, wat in Namibië opgegaar en geberg is, is ver gevorder.
- Klem is gelê op volkseenheid toe lede van die Kapteinsraad van die Basters inwoners van Rehoboth ingelig het oor die verkiesing om ’n leier aan te wys.
- Duisende mense se krete van “Zinedine vir president” het gisternag om die Eiffeltoring weerklink ná Frankryk se sege in die Wêreldbeker sokkereindstryd.
Dinsdag 14 Julie 1998
- ’n Amerikaanse popster en multi-miljoenêr, Michael Jackson, en sy gesin kom vanoggend in Windhoek aan vir sy tweede besoek aan Namibië te midde van groeiende verset teen sy beplande temapark vir die land.
- Wetlike aanbiedinge vir die myne van die TCL-groep, met inbegrip van mynregte, is reeds deur die tussentydse likwidateurs van TCL ontvang en word nou oorweeg.
- Versuurde betrekkinge tussen Namibië en Botswana oor beweerde onreëlmatighede op die Trans-Kalahari-hoofweg sal binnekort die onderwerp wees tydens ’n spitsberaad tussen pres. Sam Nujoma en sy ampsgenoot, mnr. Festus Mogae.
Woensdag 15 Julie 1998
- Voorstelle vir moontlike toerismeprojekte word na verwagting vandag deur twee ministeries met die Amerikaanse popster Michael Jackson in Windhoek bespreek.
- ’n Vennootskap tussen mynbestuur, georganiseerde arbeid en die gesindheid wat die Staat openbaar oor arbeidsbeleid teenoor toekomstige eienaars van die TCL-myne kan die lewensvatbaarheid van koper-ontginning deur TCL direk beïnvloed.
- Die groep Herero’s in die DTA wat aan die spits van ’n paleisrewolusie binne die party staan, het blykbaar bang geword.
Donderdag 16 Julie 1998
- Volskaalse oorlog woed in die noordelike, sentrale en oostelike dele van Angola. Minstens 35 nedersettings is deur Unita ingeneem. Duisende Angolese is op vlugtogte na die Demokratiese Republiek van die Kongo, Zambië en Namibië.
- Natuurbewaarders en polisie in Caprivi het begin met ’n uitgebreide soektog na minstens twee gekweste buffels in die Goue Driehoek nadat nóg ’n jaguitstappie deur die President, mnr. Sam Nujoma, glo skeefgeloop het.
Vrydag 17 Julie 1998
- Die wurggreep van Suider-Afrikaanse veiligheidsmagte verstewig om die keel van oorgrensmisdaad. Die volle geweld van verskeie buurlande se polisiemagte wat internasionale grense oorsteek om misdadigers uit hul skuilplekke te rook, is besig om vrugte af te werp.
- ’n Verraderlike aanval deur rowers op ’n 75-jarige plaasvrou gistermiddag naby Gobabis het skokgolwe in die gemeenskap uitgestuur. In die voorval waar mev. Lizel Shierschmidt van die plaas Solingen ernstige kneuswonde opgedoen het, het drie rowers weggekom met ’n voertuig, ’n geweerkluis met verskeie vuurwapens, N$300 kontant en ander huishoudelike gereedskap en kruideniersware.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie