20 jaar gelede
Maandag 10 September 2001
- President Sam Nujoma is onder ’n groep Suider-Afrikaanse leiers wat vandag en môre in Zimbabwe se hoofstad, Harare, vergader ten einde te voorkom dat die politieke en ekonomiese krisis in dié land in ’n streekprobleem ontaard.
- Pas ’n maand nadat mnr. Frans Indongo, een van Namibië se bekendste sakemanne, se luukse lodge naby Otjiwarongo geopen is, is dit gister feitlik heeltemal deur ’n brand in puin gelê.
- Swart rookwolke het Saterdag oor ’n deel van Windhoek gehang toe ’n brand by die Tony Rust-renbaan uitgebreek het nadat skoliere vermoedelik ’n sigaretstompie in die gras laat val het.
Dinsdag 11 September 2001
- Omvattende inisiatiewe uit die geledere van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het gister in die Zimbabwiese hoofstad begin met pogings om te verhinder dat die politieke en ekonomiese krisis in dié land die hele streek benadeel.
- Die nuwe TransNamib-direksie en die waarnemende hoof-uitvoerende amptenaar van die vervoerkorporasie, mnr. John Shaetonhodi, het hul eerste krisis op hande met ’n dreigende staking van die nagenoeg 2 400 werkers.
- Die stryd tussen die direksie van die nasionale uitsaaier en die korporasie se topbestuur gaan binne ’n maand op die spits gedryf word.
Woensdag 12 September 2001
- Die Namibiese Regering het hom heftig uitgespreek oor die aanvalle in Amerika en die hoop uitgespreek dat die skuldiges aan die kaak gestel sal word.
- Die Manhattan-horison in New York sal nooit weer dieselfde wees nie nadat die wêreld se tweede hoogste gebou, die Tweelingtorings van die Wêreldhandelsentrum weens ’n terroriste-aanval ineengestort het.
Donderdag 13 September 2001
- Die net om verdagtes in Amerika se ergste terreuraanval het gisteraand al hoe nouer gespan met berigte van verskeie inhegtenisnemings midde-in ’n waarskuwing deur pres. George W. Bush dat die “uur van wraak” sal aanbreek sodra genoeg inligting ingewin is.
- Amerikaners staal hulle vir ’n dodetal van tienduisende ná die gru-aanval Dinsdag op die Wêreldhandelsentrum in Manhattan en Pentagon in Washington.
- Die VVO sonder 11 September die afgelope twee dekades reeds uit as Wêrelddag van Vrede.
Vrydag 14 September 2001
- Die gesamentlike veiligheidsnetwerk van Amerika en die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) het gisteraand sy skepnet rondom ’n kern van minstens 50 verdagtes van die grusaamste tereuraanval in menseheugenis gehad met ’n soektog wat tot verskeie inhegtenisnemings in onder meer Duitsland gelei het.
- Die Regering sal voortgaan om grondhervorming deur die beginsel van gewillige verkoper en koper te bevorder, maar is bewus van die tekortkominge daarvan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie