20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Maandag 1 Maart 1999

- Danksy Benvinde Mundenge het Namibië gisteraand ’n huishoudelike naam op die loopplanke van die internasionale modebedryf geword.

- Sport- en mediageskiedenis is Saterdagmiddag in die nasionale Rugbystadion gemaak toe die wedstryd in vyf tale uitgesaai is.

- Die Bastervolk is bereid om met die Regering saam te werk, maar dan moet die heksejag en diskriminasie deur die landsowerheid gestaak word.





Dinsdag 2 Maart 1999

- Administratiewe beperkinge in die Namibiese Polisie het ’n bom rondom die plaaslike handel in vuurwapens laat bars.

- Midde sterk oproepe vir ’n onafhanklike Caprivi onder die sowat 2 500 Namibiese vlugtelinge in die Dukwi-kamp in Botswana, het ongeveer 700 San-lede aangedui dat hulle vrywillig na hul vaderland terugkeer.

- Die Namibiese sokkerheld, Frans “Foresta” Nicodemus (34), wat tronkstraf van 20 jaar uitdien vir die moord op sy vriendin, Josephine Stevens in November 1994 in Katutura, het gister voor ’n volbank in die Windhoekse Hoërhof gevra dat sy skuldigbevinding aan moord ter syde gestel word.

Woensdag 3 Maart 1999

- Namibië het sy saak oor die Kasikili-eilandgeskil met Botswana by die Wêreldhof in Den Haag weer verstewig en ’n beroep op die Hof gedoen om die geleentheid te benut as nog ’n bewys dat die internasionale reg en die beginsels van geregtigheid in ’n interstaatlike dispuut sal seëvier.

- Air Namibia is opnuut tot in sy fondamente geskud weens die skielike skorsing van twee van sy bestuurders in afwagting op die uitslag van ondersoeke oor beweerde bedrieglike bedrywighede waarby aansienlike bedrae geld ter sprake is.

- ’n Verbetering in die toestand van die Namibiese geldmark het Bank Windhoek gister die voortou laat neem met ’n aankondiging van ’n rentekoersverlaging van een persent.





Donderdag 4 Maart 1999

- Die verbod op die uitvoer van lewende wild is gister voorwaardelik opgehef na byna ’n jaar van omstredenheid terwyl ’n heffing op uitvoere en ’n tarief op uitvoerpermitte met onmiddellike effek geplaas is.

- Werkers by die Central Café in die middestad het gister ’n betoging voor die ingang gehou uit protes teen die skorsing van meer as elf personeellede sonder vergoeding.

- Namibië het sy saak voor die Wêreldhof oor die eilandgeskil met Botswana afgesluit met ’n finale betoog waarin die aansprake en voorleggings van Botswana verwerp word en Namibië die Kasikili-eiland wetlik opeis as deel van die land se soewereine grondgebied.



Vrydag 5 Maart 1999

- Pogings om onderhoofman George Simasiku môre as opperhoof in die plek van mnr. Boniface Mamili aan te wys, word deur stam- sowel as regeringsverset gedwarsboom.

- Wat vroeër net “’n effense klankie” was en selfs deur die mees sensitiewe neuse hanteer kon word, het nou ontaard in ’n “stinkende, vrot affêre” wat van Meatco die muishond onder sake-ondernemings in die noordelike nywerheidsgebied in Windhoek maak.

- Terwyl al hoe meer stede en hawens in Afrika as deurgangsroetes vir onwettige dwelmhandel na Europa gebruik word, neem die gebruik van dwelms plaaslik ook toe.

Kommentaar

Republikein 2025-01-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 28° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 21° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 33° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 19° | 33° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 16° | 29° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 31° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 17° | 22° Durban: 19° | 29° Johannesburg: 16° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 20° | 28° #REF! #REF!