20 Jaar Gelede
Maandag 29 Junie 1998
- ’n Onderoffisier van die Namibiese weermag het gisteroggend noord van Windhoek in ’n koeëlreën gesterf ná hy waarskynlik vroeër die dag beserk geraak en op sy makkers geskiet het.
- Die sardyn- en marsbankerkwotas is met 25 000 ton en 75 000 ton onderskeidelik verhoog wat die totale kwota wat in 1998 gevang kan word op 65 000 ton sardyn en 375 000 ton marsbanker te staan bring.
- Een van die regering en Swapo se sterkste bondgenote, die forum van nie-regeringsinstellings, NANGOF, het skerp te velde getrek teen wat hy bestempel as “groeiende sentimente en praktyke van politieke onverdraagsaamheid deur die politieke leierskap van die land.”
Dinsdag 30 Junie 1998
- Lede van die Angolese polisiemag moes gisteraand vir hul lewens na Namibiese grondgebied vlug nadat Unita-rebelle op verskeie regeringsinstallasies in die suid-ooste van Angola toegeslaan het.
- Die dood van die spesiale gesant van die Verenigde Volke Organisasie (VVO) in Angola, mnr. Alioune Blondin Beye, is ’n groot terugslag vir die Angolese vredesproses.
- Die agt gevangenes wat tussen Vrydagaand en Saterdagoggend uit die polisieselle op Okahandja ontsnap het deur die tralies op die dak deur te saag, se name is gister deur die skakelafdeling van die Namibiese Polisie in Windhoek bekend gemaak.
Woensdag 1 Julie 1998
- Namibië het sy weermagteenwoordigheid in die Oos-Caprivi versterk weens verskeie skermutselinge wat die afgelope 48 uur in die Unita-beheerde Angolese grensgebied voorgekom het.
- Die Wetsontwerp op die Staatsherversekeringskorporasie het gister in die Nasionale Vergadering (NV) vanuit Swapo-geledere die wind van voor gekry.
- ’n Wildtuinplan wat finansieel uit die buiteland ondersteun word, dreig om die vreedsame naasbestaan van die Uukwaluudi- en Ongandjera-stamme in die voormalige Owambo te bedreig.
Donderdag 2 Julie 1998
- Slegte nuus vir Namibië se meer as 105 000 telefoonhuurders is dat die tariewe van telefoondienste waarskynlik eersdaags sal verhoog.
- Die debat rondom die derde termyn van President Sam Nujoma het gister in die Nasionale Vergadering (NV) afgeskop met ’n waarskuwing aan diegene wat die President vir eie gewin misbruik om sy naam en die van Namibië deur die modder te sleep.
- Die polisie ondersoek die dood van ’n Namibiër wat Dinsdag op ’n diamantontginningsboot van De Beers naby Oranjemund gesterf het, terwyl ’n soektog op see na ’n Suid-Afrikaanse medewerker begin is.
- Misdaad kos Namibië meer as N$100 miljoen per jaar.
Vrydag 3 Julie 1998
- Die amptelike opposisie , die DTA van Namibië, wankel op die rand van ’n paleisrewolusie.
- ’n Geleidelik sterker stroom vlugtelinge uit Suidoos-Angola na Namibiese grensnedersettings en die sabotasie van kommunikasielyne na die Angolese hoofstad, Luanda, was gisteraand aanvanklike getuienis van ’n volskaalse Unita-offensief in die Kwando/Cubango-provinsie.
- ’n Inligtingsessie wat Donderdagoggend met Parlementslede oor die beoogde wysiging van die kinderonderhoudwet gehou sou word, moes afgestel word toe geen Parlementslid opgedaag het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie