20 jaar gelede . . .
20 jaar gelede . . .

20 jaar gelede . . .

Maandag 19 April 1999

- Arbeidsonrus by die Navachab-myn buite Karibib het teen gisteraand reeds sowat N$900 000 se verlies aan goudprodukte veroorsaak met skrale vooruitsigte van ‘n vinnige oplossing vir die donkerste tydperk in die negejarige bestaan van die myn.

- Die skynbare sinnelose dood van ‘n olifant wat die kommersiële boerderygebied van Summerdown binnegedring het, het Vrydag ‘n uitroep onder boere oor die optrede van die Ministerie van die Omgewing en Toerisme ten opsigte van probleemdiere veroorsaak.

- Die laaste Windhoekse Karnaval van dié millennium het die naweek op ‘n hoë nooit afgeskop.

Dinsdag 20 April 1999

- Die eerste vyf sinkpondokke in die Geenwell Matongo-plakkerskamp in Windhoek is gister onder streng bewaking van die Taakmag afgebreek in ‘n poging om wanbetalers van National Housing Enterprise-lenings elders te hervestig.

- Leerling van tien skole op Rehoboth is die eerste slagoffers van die ergste waternood in die geskiedenis van die dorp toe die skole gister amptelik weens die beperking van waterdienste gesluit is.

- Midde onmin in die Mafwe-gemeenskap oor wie hul nuwe opperhoof moet wees, is onder-hoofman George Simasiku onder polisiebeskerming die naweek op Chinchimane in Caprivi as die nuwe tradisionele leier van die stam voorgestel.

Woensdag 21 April 1999

- Kommer dat Namibië se naam ingesleep kan word in onetiese jagpraktyke soos die sogenaamde “geblikte jag” in Suid-Afrika, het die Ministerie van die Omgewing en Toerisme verplig om sy beleid oor die uitvoer van lewendige jagluiperds weer te ondersoek.

- Werkloosheid onder die ekonomies aktiewe bevolking van Namibië weerspieël absolute armoede.

- Visvang by die Avisdam is deur die Windhoekse omgewingsgroep Greenspace Vriende van die Avis verbied.

Donderdag 22 April 1999

- Die Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, dr. Libertine Amathila, het gister die laaste hoop van die meer as 96 000 pensioentrekkers op ‘n verhoging in hul maandelikse inkomste van N$160 beëindig.

- Die toekoms van die Navachab-myn buite Karibib is in die weegskaal.

- Die sukkelende nasionale lugredery, Air Namibia, het strydig met sy eie aankoopprosedure wat in Oktober verlede jaar opgewaggel het, die afgelope 24 uur ‘n Boeing 747-400 teen ‘n onbevestigde bedrag van nagenoeg US$114 miljoen (sowat N$690 miljoen) gekoop.

Vrydag 23 April 1999

- Air Namibia het gister die kombers van geheimsinnigheid styf om die prys en die finansiering van sy jongse kopie, ‘n Boeing 747-400 Combi, gedraai met ‘n belofte dat dié vliegtuig die sukkelende lugredery uit sy finansiële krisis gaan red.

- Die waternood op Rehoboth het gister in ‘n demonstrasie van politieke gevoelloosheid voor die Swapo-meerderheid in die Nasionale Vergadering gesneuwel.

- Nagenoeg N$21,2 miljoen word vanjaar deur die Ministerie van Streek- en Plaaslike Owerhede en Behuising aan streke en plaaslike owerhede toegeken met die oog op die desentralisering van behuising, ingevolge ‘n Kabinetsbesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!