20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 6 September 1999

- Die Caprivi-fiasko kan die Namibiese belastingbetalers miljoene dollars uit die sak jaag in onderskeie regsgedinge wat in die komende maande en moontlik jare in die howe gaan dien.

- Die eerste kartetse in die verkiesingstryd het die naweek geklap toe die president van die DTA van Namibië, mnr. Katuutire Kaura, op die sentrale komitee-vergadering van sy party ‘n begeesterde aanval op Swapo van stapel gestuur het.

- Die groeiende vlaag van misdaad in die Kavango-streek word aan onwettige besigheidsaktiwiteite deur Namibiërs en hul Angolese eweknieë toegeskryf.

Dinsdag 7 September 1999

- Namibië sal waarskynlik Suid-Afrika se voorbeeld volg en 31 Desember en 3 Januarie as openbare of bankvakansiedae verklaar.

- Die werkersunie van Namibië (Mun) het die bestuur van AngloGold en Navachab skerp veroordeel oor die verskonings wat hulle aanbied om nie met die skaguitbreidingsprojek voort te gaan nie.

- Meer as tien rivierbote (wato’s) is deur lede van die Namibiese spesiale veldmagte in Kavango aan flarde geskiet.

Woensdag 8 September 1999

- Die geldsake van moontlik duisende kredietkaarthouers van Standard Bank se MasterCard is feitlik oornag in chaos gedompel toe die oorskakeling na ‘n nuwe rekenaarstelsel tegniese probleme opgelewer het wat menige kliënt sonder ‘n sent in sy lopende rekening gelaat het.

- ‘n Regsgeding tussen ‘n diamantmaatskappy en druiwemaatskappy oor ‘n diamantryke gebied op landbougrond by Aussenkehr dreig om Vrydag los te bars wanneer sowat ‘n duisend werkers ‘n demonstrasie gaan hou om hul misnoeë oor die saak kennis te gee.

- ‘n Vrou van Swakopmund is drie keer ernstig gewond toe sy Sondagoggend ‘n polisiekonstabel te hulp wou snel toe hy deur ‘n bende van vyf aangeval is.

Donderdag 9 September 1999

- Lande in Afrika besuide die Sahara, waarin meer as ‘n tiende van die wêreldbevolking woon, huisves ook twee-derdes van MIV-lyers in die wêreld.

- Daadwerklike stappe word gedoen om te verseker dat soveel as moontlik inwoners van Rehoboth vanjaar aan die verkiesings deelneem.

- ‘n Speelplek vr die rykes op Pelikaan-punt teenoor Walvisbaai dryf owerheidsinstansies rond terwyl die tenderaars wag om met die projek van ‘n geskatte N$6 miljoen voort te gaan.

Vrydag 10 September 1999

- Die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, het gister weer onder skerp kritiek deurgeloop vir sy uitlatings oor regspraktisyns en wat hy bestempel as “sogenaamde menseregte-organisasies”.

- Die beweerde marteling van Caprivi-aangehoudenes sal na verwagting vanaf volgende week ondersoek word.

- Bygelowe en bankmaakstories oor die negende dag van die negende maand van 1999 het gister saam met die vreemde, koue weer in die September-sonnetjie weggeskuif.

- Okahandja, voorheen bekend as een van Namibië se skoonste dorpe, het in die laaste paar maande in ‘n ashoop ontaard.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!