20 jaar gelede
Maandag 12 Maart 2001
- Namibië se aansien in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) was deurslaggewend vir die versnelde oplossing van verskeie kwessies, waaronder die herstrukturering van die streekorganisasie en aanstelling van ’n permanente uitvoerende sekretaris op die afgelope staatshoofdeberaad in Windhoek.
- Stad in die reën. . .Windhoek is die naweek sprokiesagtig deur goeie neerslae omgetower.
- ’n Groep van nagenoeg 15 vermeende Unita-rebelle het Woensdagnag die basis van die Namibiese Weermag (NDF) op Omega in Wes-Caprivi met mortiere en kleingeweervuur bestook.
Dinsdag 13 Maart 2001
- ’n Ondersoek word onmiddellik deur die Ministerie van Grond, Hervestiging en Rehabilitasie geloods na ’n staatsplaas in die Outjo-distrik wat vermoedelik onwettig beset word terwyl hawelose bestaansboere in die omgewing sonder heenkome gestrand is.
- ’n Seun van 14 jaar met ’n vorige veroordeling vir moord het gister in die Hoërhof op aanklag van die verkragting van ’n tienjarige meisie verskyn.
- Polisie-ingryping het waarskynlik verhinder dat ’n gepeupel die reg in eie hande neem voor gister se hervatting van die hofsaak oor die uitsetting van mnr. José Domingos Sikunda in die Hoërhof.
Woensdag 14 Maart 2001
- Air Namibia is een van sewe lugrederye wat deur regstappe in Londen in die gesig gestaar word weens uitstaande kommissie van sowat ’n halfmiljoen pond aan reisagentskappe in Brittanje.
- Niemand behoort vandag deur die Minister van Finansies se begroting vir die komende boekjaar verras te word nie en na verwagting gaan dit bloot ’n regstelling wees op die driejaar – “rollende” begroting, wat vroeër deur mnr. Nangolo Mbumba bekend gestel is.
- Namibiese korttermynversekeraars gaan binnekort die Namibiese Hooggeregshof se onlangse uitspraak oor die omstrede Wet op die Staatsbeheerde Nasionale Herversekeringskorporasie (NamibRe) beveg.
Donderdag 15 Maart 2001
- ’n Begroting waarin die inkomstebronne oor die volgende drie jaar waarskynlik heeltemal oorskat is, was gister maar ’n deel van die speserye waarmee die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, die land gepeper het in ’n begrotingstoespraak wat opgedis is vir ’n tradisionele maaltyd.
- Was die Minister van Verdediging, mnr. Erkki Nghimtina, minder as eerlik en het hy die mense van Namibië in Oktober 1999 opsetlik mislei toe hy in die Nasionale Vergadering (NV) ontken het dat die land diamantmynbelange in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het?
- Betekenisvolle stappe om die Namibiese ekonomie meer oop te stel as bykomende aansporing aan buitelandse beleggers, is gister in sy begrotingstoespraak deur die Minister van Finansies in die vooruitsig gestel.
Vrydag 16 Maart 2001
- Die Regering se inligtingskrane oor die omstrede diamantmyn in die DRK is gister in die land se hoogste wetgewende gesagsorgaan deur die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, styf toegedraai met ’n verklaring dat hy self die laaste hoofstuk oor dié hoogs aanvegbare onderwerp geskryf het.
- ’n Reuse-oplewing in die produksie van tafeldruiwe by Aussenkehr langs die Oranjerivier voorspel dat dié bydrae tot Namibië se Bruto Binnelandse Produk oor twee jaar tot N$400 miljoen sal groei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie