20 jaar gelede
Maandag 12 November 2001
- Swapo se grootste bondgenoot, die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), het Vrydag ’n internasionale politieke verleentheid vir die Regering geword deur onder die dekmantel van griewe teen die Wêreldhandelsorganisasie (WTO) en Amerikaanse aanvalle op Afganistan, sy steun aan Osama bin Laden toe te sê.
- Midde-in noodoproepe oor die instelling van strenger maatreëls om die stygende misdaad in die land te bekamp, is Vrydag bekend gemaak dat die Polisiemag binnekort drasties vergroot gaan word.
- Nuwe wetgewing met die oog op die bewaring van gebiede waar private en staatswildparke gevestig is, sal eersdaags in die Parlement vir oorweging ter tafel gelê word.
Dinsdag 13 November 2001
- Amerika beskou die NUNW se kritiek rondom elemente van aanvalle teen terrorisme wat deur Amerika gelei word as misleidend.
- Lede van die Polisie se Taakmag in Windhoek is gister in ’n uiters gespanne atmosfeer op ’n gereedsheidsgrondslag geplaas om in te gryp teen die intimidasie van ’n Tsumeb-sakeman, mnr. Rainier Arangies.
Woensdag 14 November 2001
- ’n Mylpaal in die bekamping van korrupsie in Namibië is gister bereik met die aanvaarding van die anti-korrupsiewetsontwerp in die Nasionale Vergadering (NV).
- Die finalisering van ’n gesamentlike onderneming tussen Telecom Namibia en ’n Kongolese telekommunikasiemaatskappy, Global AstraBell, om ’n multimiljoendollar-projek in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) aan te pak, sal waarskynlik voor einde vandeesmaand afgehandel wees.
- Uitwissing staar die laaste oorblywende kolonie kransaasvoëls by die Waterberg in Namibië in die gesit.
Donderdag 15 November 2001
- Een van die tergende internasionale geheime van die laaste jare van die vorige eeu kan binne dae ontrafel word aan die hand van ’n beweerde vonds in die noordweste van Namibië.
- Die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, het gister in die hoogste wetgewende gesag die versekering gegee dat die Regering alles in sy vermoë sal doen om die grondkwessie vreedsaam binne die raamwerk van die Grondwet en ander bestaande wetgewing op te los.
Vrydag 16 November 2001
- Die nuwe direksie van Air Namibia is ver gevorder met planne vir ’n strategiese vennootskap met ’n internasionale lugreus wat vroeg aanstaande jaar in werking kan tree.
- ’n Opspraakwekkende vonds in die noordwestelike seegebied van Namibië teenoor die Kunene-monding bestaan uit wrakstukke van ’n Amerikaanse Starlifter C-141.
- ’n Drastiese toename in Windhoek se watergebruik die afgelope week het kommer oor die voorraad uit die Von Bachdam en ’n ernstige beroep om spaarsamigheid op verbruikers tot gevolg gehad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie