20 Jaar Gelede
Maandag 31 Januarie 2000
- Namibiërs is vasgevang in ’n hernieude greep van wedersydse intimidasie deur die gewapende magte in beide kante van die Angolese burgeroorlog wat deur kommunikasiegebreke aangevuur word.
- ’n Gedenkdiens vir die sewe jongste slagoffers van Namibië se betrokkenheid by die burgeroorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is Vrydagmiddag by die Oluno militêre basis op Ondangwa gehou.
- Alles is slaggereed ir die lansering van die Endeavour-ruimteteuig vanaf Kaap Canaveral in die Amerikaanse staat Florida later vandag.
Dinsdag 1 Februarie 2000
- Namibië se kindersoldate en huurtroepe wat met die glans van Amerikaanse dollars deur Faplamagte as huursoldate na Angola gelok is, dros as ontnugterde gewapende misdadigers na Namibië.
- Republikein 2000 se spesiale koerant met die graad 12 IGCSE-uitslae was gister landwyd ’n blitsverkoper.
- Visproduksie van N$3 biljoen vanjaar, tot soveel soos N$5 biljoen oor vyf jaar en van N$8 tot N$10 biljoen oor tien tot twintig jaar, was gisteroggend op Walvisbaai die visioene van miljoene deur die Minister van Visserye, dr. Abraham Iyambo.
Woensdag 2 Februarie 2000
- Terwyl die eerste skote gister in Namibië se hoogste wetgewende liggaam , die Nasionale Vergadering (NV), rondom die veiligheidsituasie in Kavango en Caprivi geklap het, het Unita ’n aanval op Namibiese grondgebied uitgevoer.
- Inwoners wat op 3 Desemnber verlede jaar vir beter werkgeleenthede, gesondheid, onderwys en ’n verbetering van ouderdomspensioene gestem het, het sewe dae later besef dat hulle vir lewensverlies, vernietiging, die verandering van jong Namibiërs in huursoldate en kanonvoer en die uitmoor van buitelanders en burgers op hoofweë gestem het.
Donderdag 4 Februarie 2000
- ’n Reus in die Namibiese visbedryf is op sy knieë gedwing en 1 500 werkers staar afdanking in die gesig met ’n aankondiging van United Fishing Enterprises op Walvisbaai dat die fabriek op 15 Maart sluit.
- Ná die milde reënbuie wat oor die grootste dele van die land uitgesak het, loop Namibiërs die afgelope week kwaai deur onder ’n hittegolf.
- Namibië se oorloglus kan op die langtermyn sy eie verdedigingsbehoeftes kniehalter.
Vrydag 5 Februarie 2000
- Ontslag kan op tot die helfte van die werkerskorps van Atlantic Sea Products op Walvisbaai wag nadat skuldeisers beslag gelê het op die maatskappy se fabrieksboot, die Hurinis.
- ’n Geskiedkundige hersieningsraad wat gister die vonnis hersien het van twee Namibiese soldate wat in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) aan moord skuldig bevind is, sal vandag sy beslissing bekend maak.
- Namibië gaan sy beste voet by Expo 2000 in Hannover, in Duitsland, voorsit as ’n teenvoeter vir die negatiewe internasionale blootstelling wat die politieke onrus die land as toeristebestemming besorg het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie