20 jaar gelede
Maandag 23 April 2001
- Nog ’n onderbreking in die akademiese jaar van die Universiteit van Namibië sal nie geduld word nie.
- Drie staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) is besig om desperate pogings aan te wend om die naderende einde van hul politieke bruikbaarheid uit te stel.
- Die werkloosheidsyfer in Namibië staan op 35%. Die vlak van werkloosheid onder mense met tersiêre onderrig is baie laag en dié van mense met hoër onderwys onbenullig.
Dinsdag 24 April 2001
- Minder as die helfde van die plase wat kommersiële boere verlede jaar aan die Regering te koop aangebied het, is geskik vir hervestigingsdoeleindes.
- Beskuldigings van brutale en ongedissiplineerde optrede teen die polisie se Spesiale Veldmag is deur die DTA van Namibië na die land se hoogste wetgewende liggaam, die Nasionale Vergadering (NV), gebring in ’n poging om antwoorde van die Minister van Binnelandse Sake, mnr. Jerry Ekandjo, te kry.
- Koeler toestande word van môre oor die suidelike en sentrale dele van Namibië verwag.
Woensdag 25 April 2001
- Die onrusbarende uitwerking van malaria op Afrika is in die kollig deurdat vandag die eerste amptelike dag oor die omvang van dié siekte op die vasteland is.
- Die bankrotskap van ’n Suid-Afrikaanse konstruksiereus het ’n bouprojek van etlike miljoene dollars by Windhoek se Medi-Clinic-hospitaal tydelik tot stilstand geruk.
- Nagenoeg vyfhonderd inwoners van die Epukiro-dorpsgemeenskap het in ’n betoging geëis dat dit ’n kiesafdeling afsonderlik van Otjinene word.
Donderdag 26 April 2001
- Verskeie projekte, waaronder die privatisering van Air Namibia, gaan binnekort van stapel laat loop word om die Namibiese vervoersektor te ontwikkel en meer vaartbelyn te maak.
- Polisie-optrede op Hentiesbaai het besoekers aan Namibië gister genoop om die mag die hoogste lof toe te swaai.
- Die eerste Afrika-Malariadag is gister in Windhoek bekend gestel midde-in hospitale in die noordwestelike gesondheidsdistrik wat tot 139 persent vol is en nadat minstens honderd mense sedert Januarie aan die siekte omgekom het.
Vrydag 27 April 2001
- Die afgelope maand se goeie reën, wat gister oor die meeste dele van Namibië voortgeduur het, maar van die naweek landwyd kan opklaar, is van die beste neerslae vir April wat die afgelope 110 jaar gemeet is.
- Die Regering het gister regstreeks ingegryp om die bestuur van Rehoboth oor te neem, nadat die Minister van Streek- en Plaaslike Owerhede en Behuising, dr. Nickey Iyambo, aangekondig het dat die dorpsraad weens onbevoegdheid onmiddellik ontbind word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie