20 Jaar Gelede
Maandag 24 Mei 1999
- Die meer as vyftig ton ivoor wat in April deur Namibië, Zimbabwe en Botswana aan Japanse kopers verkoop is, is Vrydag onder streng polisiebewaking uit Windhoek na Walvisbaai vervoer waar dit die naweek na Japan verskeep sou word.
- Die Swakopmunder Michael Andreas Müller wat voel daar word teen hom gediskrimineer op grond van sy geslag omdat hy nie sy vrou se nooiensvan as hul gesamentlike familievan mag gebruik nie, gaan geskiedenis maak deurdat hy die eerste Namibiër sal wees wat hom vir regshulp na die Menseregte-komitee in Genève, Switserland, wend.
- Harry Simon is terug in die bokskryt ná ingryping deur pres. Sam Nujoma en die ondersteuning van die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, wat instrumenteel was in dié besluit nadat Harry verlede week die bokshandskoene wou ophang.
- Vier mense het die naweek in drie afsonderlike ongelukke op Namibiese paaie gesterf.
Dinsdag 25 Mei 1999
- Afrikadag (geen koerant)
Woensdag 26 Mei 1999
- Die suidelike voorstede van Windhoek was gister deur honderde werkloses gyselaar gehou terwyl verbygaande motoriste onder die klippe gesteek en voetgangers gemolesteer is voordat die verkeersowerheid die toegangspaaie na Pionierspark, Academia en Suiderhof gesluit het.
- Die onveilige situasie in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) het die Ministerie van Verdediging nou gedwing om die drie Namibiese soldate wat vir moord in die DRK aangekla is, in Namibië te laat verhoor.
- ‘n Deurbraak in die Rehoboth-waterkrisis is in sig nadat die dorpsraad ‘n voorstel om die probleem op te los aan Namwater voorgelê het.
- Die eerste groot groep Namibiese vlugtelinge wat vrywillig vanaf Botswana na hul vaderland teruggekeer het, het gister op Katima Mulilo aangekom.
Donderdag 27 Mei 1999
- ‘n Amptenaar by die Ministerie van Finansies se Afdeling: Doeane en Aksyns is in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het hy was blykbaar kop in een mus met die man wat verlede week met ‘n nagemaakte bom by die hooftak van Bank Windhoek ingestap en doodluiters dié bank van N$11 000 beroof het.
- Die bestaande Waterwet (Wet 54 van 1956) het sy ontstaan te danke aan wetgewing in Europese lande met meer water en maak nie vir die droë klimaat van Namibië voorsiening nie.
- Die hoogste gesag in wêreldrugby kan binnekort by die voortslepende onmin in Namibiese rugby ingryp.
- Die koop van die TCL-myne is reeds in ‘n gevorderde stadium.
Vrydag 28 Mei 1999
- Die Namibiese waterkorporasie, Namwater, se beleid oor die beplande ontsoutingsaanleg is gister skerp deur die DTA van Namibië gekritiseer.
- Die geheime rondom verskeie van Namibië se berugste rooftogte waarby miljoene Namibiese dollars betrokke is, is vandeesweek in Windhoek opgelos kort voordat een van die sentrale figure in dié rowersbewind hom in sy sel by die Windhoek Sentrale Gevangenis met ‘n kombers opgehang het.
- Die diep spore wat mnr. Dirk Mudge in die geskiedenis van Namibië getrap het, is op merkwaardige wyse in die boek met die titel “Reënmaker van die Namib” uit die pen van die skrywer At van Wyk vasgevang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie