20 Jaar Gelede
Maandag 26 Julie 1999
- ‘n Presiese weergawe van die eerste dinosourus-fossiel wat in Namibië gevind is, het met sy aankoms Vrydag op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe vir groot opwinding gesorg.
- Die Europese Beleggingsbank gaan ‘n ontsoutingsaanleg van meer as N$100 miljoen financier om die kusstreek van water te voorsien.
- Honderde jeugdiges en werklose inwoners op Khorixas beset vandag regeringsgeboue op dié dorp uit protes teen die owerheid se aanstelling van dertig voormalige Planvegters in vakante poste.
Dinsdag 27 Julie 1999
- Die ontsnapping Vrydagaand van ‘n Amerikaner wat eienaar en terselfdertyd kaptein van ‘n boot is en wat in aanhouding in die Lüderitz-hawe was, kan tot die skorsing van die bevelvoerder van die plaaslike polisiestasie en een van sy konstabels tot gevolg hê.
- ‘n Gewapende rooftog Vrydagaand in Windhoek was ‘n nuwe blokkie in ‘n legkaart van kredietkaartbedrog wat besig is om ook verliese vir Namibiërs te veroorsaak.
- Namibië se eerste vlootbasis gaan moontlik in die nabye toekoms sowat 2,4 km noord van Walvisbaai opgerig word.
Woensdag 28 Julie 1999
- ‘n Besoek deur president Sam Nujoma aan Indië het gister met ‘n bevestiging geëindig dat Namibië verskeie bote, vliegtuie en helikopters by ‘n maatskappy gekoop het wat onlangs in onguns by Amerika verval het oor die voorsiening van onderdele vir ballistiese missiele.
- Die oorgroot Kabinet en korrupsie in regeringskringe is die afgelope naweek op die eerste vergadering van die Congress of Democrats (CoD) op Oshakati skerp veroordeel.
- ‘n Noodvlug is Maandag in die middernagtelike ure onderneem om twee Namibiese soldate uit die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) af te voer Windhoek toe.
Donderdag 29 Julie 1999
- ‘n Trofeejagter van Duitsland het sy naam in die rekordboeke verewig toe hy die eerste jagter geword het wat ‘n “honderdpond”-olifant in die eietydse Namibië geskiet het.
- Weerstand uit Amerika is aan die opbou teen die Indiese maatskappye waarmee Namibië verlede week begin onderhandel het vir die koop van verskeie vliegtuie, helikopters en seevaartuie.
- Die gevolge van ondeurdagte aankope van hoogs gesofistikeerde vliegtuie en vaartuie vir Namibië kan verreikend wees, waarsku militêre kenners.
Vrydag 30 Julie 1999
- Die dapper optrede van twee Windhoekse petroljoggies het ‘n roofpoging Woensdagaand by ‘n diensstasie digby die Ausspannplatz-sirkel gefnuik toe toe hulle hulle teen drie gewapende rowers verset het en in ‘n worsteling met die boewe ernstig beseer is.
- Die regering se hervestigingsprogram wat verlede jaar midde die uitmergelende droogte opgesport was, word nou in die Karas- en Hardapstreke hervat.
- Die internasionale wapennywerheid het met skok, verbasing en ongeloof gereageer op Namibië se ooreenkoms van verstandhouding met Indiese maatskappye vir die moontlike aankoop van gesofistikeerde patrollievliegtuie, bote en helikopters.
- Onwettige oorgrensbeweging tussen Angola en Namibië het sedert begin vandeesmaand drasties afgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie