20 JAAR GELEDE
MAANDAG 14 JULIE 1997
- Die Nasionale Beplanningskommissie het sowat N$3 miljoen aan die universiteit van Namibië beskikbaar gestel vir twee projekte waarvoor die parlement geen geld begroot het nie.
- Drie voertuie, al drie bakkies met ’n gesamentlike waarde van N$155 000, is Saterdagmiddag op die parkeerterrein by die rugbystadion in Windhoek gesteel.
DINSDAG 15 JULIE 1997
- Die Epupa-sage en voortslepende twis tussen groepe wat óf vir óf teen die vestiging van die waterkragskema in die Kunenerivier is, het ’n nuwe wending geneem.
- Stormwinde en ’n bloedige hittegolf het sedert Sondag mens en dier langs die Namibiese weskus tot moedeloosheid en mistroostigheid gedryf.
WOENSDAG 16 JULIE 1997
- ’n Prysdaling van 5 c/l vir petrol en diesel is sedert twaalfuur laas nag in Windhoek van krag. Daarmee saam is die winsgrens van diensstasies ook met 0,5 c/l verkoopte brandstof verhoog.
- Die aanvegbare Presidensiële aankondiging oor die verbod op (sigaret)rook in amptelike en openbare plekke het ’n twisappel onder politieke partye en gemeenskappe geword en word met gemengde gevoelens begroet.
DONDERDAG 17 JULIE 1997
- Die 1991 nasionaliseringsplan van die vleisverwerkingskorporasie, Meatco, kry nou sy beslag in ’n opdrag van die Kabinet dat ’n komitee van Ministers die korporatiewe struktuur van Meatco moet ondersoek en aanbevelings oor die toekoms van die korporasie maak.
- Die onlangse besluit van die immigrasie-tribunaal op Oshakati om sowat 350 onwettige immigrante te deporteer, het diplomatieke woelinge ontketen nadat 75 Angolese burgers na die Unita-beheerde Cuando-Cubango provinsie gedeporteer is.
VRYDAG 18 JULIE 1997
- Ongekende internasionale belangstelling het posgevat rondom ’n derde termyn vir mnr. Sam Nujoma as President en Swapo se verklaarde voorneme om die Grondwet daarvoor te wysig.
- Die Okorusu-vloeispaatmyn naby Otjiwarongo is verkoop.
- Een van die grootste bouprojekte in Namibië se geskiedenis, wat ’n vyfster-hotel en casino, konvensiesentrum en eksklusiewe woonsteleenhede van bykans N$400 miljoen in Windhoek se middestad insluit, is gister verseël met die ondertekening van ’n kontrak tussen ’n Maleisiese staatskorporasie en die munisipaliteit van Windhoek.
SONDAG 20 JULIE 1997
- ’n Jong man van Usakos is as ’n invalide gelaat met feitlik net ’n hartoorplanting as hoop op oorlewing toe die heersende griepepidemie ook na dié dorp versprei het. Ná ’n week van oorvol spreekkamers en talle siekes lyk dit nou of die siekte in Windhoek afneem.
- Die vrywaring van ondergrondse warterbronne van moontlike giftige nywerheidsafval in ’n stad wat reeds rioolwater vir menslike hergebruik suiwer, is die Windhoekse munisipaliteit se eerste prioriteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie