20 jaar gelede
Maandag 18 Junie 2001
- Namibiërs sal voortaan teen bekostigbare pryse besoek aan huisvestinginrigtings in die land kan bring. Dit is die daadwerklike poging van die Hospitality Association of Namibia (HAN) om van Namibiërs toeriste in hul eie land te maak.
- Die hiperbariese suurstofsentrum in die Welwitschia-hospitaal op Walvisbaai hou Namibië in pas met nuwe denke en ontwikkeling in die mediese wetenskap in toonaangewende lande soos Amerika.
- Die besluit van die Veiligheidsraad van die VVO om dié organisasie se mandaat in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) met ’n jaar te verleng, is ’n bewys van die vertroue wat die VVO in die vredesproses gestel het.
Dinsdag 19 Junie 2001
- Gunstiger maandelikse inflasiekoerse in Namibië het gister gelei tot ’n laer repokoers van die sentrale bank, verlaagde rentekoerse by handelsbanke en dikker beursies vir die Namibiese verbruiker in die algemeen.
- Die inentingsveldtog teen breinvliesontsteking wat verlede week deur ’n taakmag van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste onderneem is, is besig om vrugte af te werp.
- Namibiërs sal Donderdag se algehele sonsverduistering in dele van Suidelike Afrika gedeeltelik meemaak.
Woensdag 20 Junie 2001
- Vierduisend werkgeleenthede en ’n belegging van sowat N$800 miljoen gaan Namibië binne vier maande tot die superliga van die internasionale tekstielvervaardigingsbedryf lanseer.
- ’n Vergadering om die Omahekestreek se kommersiële en kommunale boere te versoen en veediefstal terselfdertyd uit te roei, het Maandag op Gobabis in ’n hoogs plofbare dooie punt geëindig.
- Munisipaliteite en streekrade is toenemend in die spervuur van die Ministerie van Streek- en Plaaslike Owerhede en Behuising weens wanadministrasie, korrupsie en diefstal.
Donderdag 21 Junie 2001
- ’n Voetslepery deur die Verkiesingskommissie het Rehoboth se plaaslike owerheidsverkiesing gister nog voor die afhandeling van kandidaatbenoemings in omstredenheid gedompel.
- Jy kan maar doodgaan, maak net seker dat jou testament in Engels is. Anders wag ’n onaangename verrassing op jou begunstigdes.
- Die wêreld se grootste leweransier van toerusting vir silikonaanlegte is op die drumpel van ’n deurbraak met ’n belegging van N$400 miljoen by Omaruru om Namibië as silikonuitvoerder op die vasteland te vestig.
Vrydag 22 Junie 2001
- Namibië se beleggingslag in die vestiging van ’n Maleisiese tekstielfabriek van N$800 miljoen in Windhoek het ’n politieke storm in Suid-Afrika laat losbars.
- Namibië se volharding om sy troepe uit die DRK te onttrek word Sondag met ’n militêre parade in die hoofstad bevestig.
- Omgewingsprobleme in Suider-Afrika moet gesamentlik deur al die lande aangespreek word weens die invloed wat dit oor grense heen op mense se bestaan en die streek se ekonomie het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie