20 Jaar Gelede . . .
Maandag 21 Junie 1999
• 'n Uitgegroeide bobbejaanmannetjie het Saterdag Windhoek se middestad op hol gehad toe hy as brandwag sonder 'n troep op die gebou van Binnelandse Sake se dak gesit en 'n ogie oor die stad gehou het.
• TransNamib gaan voort met die aanbod van vrywillige uitdienstrede ondanks die Namibiese Vakbond vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau) se sterk teenkanting.
Dinsdag 22 Junie 1999
• Twee lede van die polisiemag en twee burgerlikes word op 'n aanklag van moord deur speurders op Gobabis aangehou in verband met die dood van 'n natuurbewaarder.
• Rentekoerse het gister sy verwagte verdere daling voortgesit met Standard Bank Namibia wat ander handelsbanke voorgespring het toe hy 'n algemene verlaging van 1 persent in die prima-koers aangekondig het.
• Die dae toe die weermag net 'n plek vir mans was, is besig om tot 'n einde te kom met die Ministerie van Verdediging se poging om geslagsgelykheid voor die jaar 2010 te implementeer.
Woensdag 23 Junie 1999
• Familielede van vooraanstaande politici was in die skepnet van die Namibiese Polisie toe die bloedspoor van onwettige jagtogte sedert Januarie vanjaar in 'n deurbraak geëindig het nadat 'n Suideplaas van byna al sy wild gestroop is.
• Namibië gaan nie deel uitmaak van Angola se inisiatief om 'n gesamentlike mag te monster om oorgrenstoegangsroetes vir Unita toe te wurg nie.
• 'n Fabriek ten bedrae van meer as N$1 miljoen word op Hentiesbaai opgerig en behoort teen Augustus vanjaar met die verwerking van robprodukte te begin.
Donderdag 24 Junie 1999
• 'n Span bestaande uit plaaslike en buitelandse deskundiges gaan saamgestel word om 'n versameling menslike gebeentes by Charllotenthal langs Agaatstrand by Lüderitz te ondersoek.
• Beweerde wanadministrasie en die verwaarlosing van staatseiendom by die Augustineum Sekondêre Sool wat tot protesoptogte teen die skoolhoof en bestuur gelei het, word nou deur die kantoor van die streekdirekteur van onderwys ondersoek.
Vrydag 25 Junie 1999
• Die Lusaka-vredesberaad is in die weegskaal en Namibië sal vandag besluit of President Sam Nujoma wel môre na die Zambiese hoofstad moet reis vir die ondertekening van die skietstilstand in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK).
• Die groei van sake op plekke soos Oshakati is uiters bemoedigend omdat dit die migrasie van mense na die stedelike gebiede van die land stuit, het die Minister van Handel en Nywerheid, mnr. Hidipo Hamutenya, gister gesê.
• Twee onskuldige inwoners van Academia in Windhoek was vandeesweek die slagoffers van ongedissiplineerdheid onder polisielede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie