20 jaar gelede
Maandag 26 Maart 2001
- Openbare vakansiedag
Dinsdag 27 Maart 2001
- Die voortvlugtige Bakondja Katjiuongua is gisteroggend waarskynlik gewond toe hy en ’n makker tydens ’n wilde jaagtog deur Windhoek se strate in die polisie se spervuur beland het.
- In ’n dramatiese demonstrasie en bevestiging van die onafhanklikheid van die Namibiese regbank het die Windhoekse Hoërhof die slepende omstredenheid rondom die Sikunda-deportasie gisteroggend beëindig.
- ’n Voortvlugtige dwelmsmokkelaar met verskeie vorige oortredings se arrestasie en hofverskyning in Windhoek het die dwelmtragedie van Namibië opnuut in die soeklig gedwing enkele ure nadat ’n derde jeugdige aan heroïen-oordosering gesterf het.
Woensdag 28 Maart 2001
- Naakte eerlikheid is nodig om die bevolking op die hoogte te hou van die geldsake van die land, want wanneer die relatiewe voorspoed wat Namibië nou beleef eensklaps verdwyn, sal dit as ’n reuse-skok vir die mense van die land kom.
- Dit is eerskomende Sondag weer dáárdie tyd van die jaar – die oorskakeling na wintertyd en die terugstel van horlosies met een uur.
- Die Namibian Minerals Corporation (Namco) se aankondiging gister dat hulle sowat N$200 miljoen se beleggings kon lok om dreigende likwidasie mee af te weer, kon die Namibiese Effektebeurs (NSX) nie daarvan oortuig om die plaaslike noteringstatus van dié maatskappy te heroorweeg nie.
Donderdag 29 Maart 2001
- Die stryd tussen die stadsraad van Walvisbaai en die plakkersgemeenskap rol voort met ’n manhaftige aankondiging deur die burgemeester, me Theresia Samaria, dat met die Tutaleni-projek van net minder as N$10 miljoen voortgegaan sal word. Sy maak twee betogings teen die huisplan af as die werk van oningeligtes.
- Pres. Sam Nujoma het gister die goewerneur van die Khomasstreek, mnr. John Pandeni, die leviete voorgelees en gesê hy moet ’n groter bydra lewer om misdaad in die streek te bekamp.
- Boere in die Omitara-omgewing wat ’n uitsettingsbevel teen die plakkers by die Otjiverodam gekry het, het gister die hand van versoening na hulle uitgereik.
Vrydag 30 Maart 2001
- Toegedraaide brandstofkrane weens wanbetaling het Namibië se nasionale lugredery, Air Namibia, gisteraand in Duitsland op die rand van verleentheid vir Afrika en die internasionale gemeenskap laat wankel.
- Namibië word in Amerika en in die res van die wêreld gerespekteer vir die wyse waarop die land sedert onafhanklikwording verbind is tot die beskerming van menseregte, die regstaat, versoening en verdraagsaamheid.
- Die Regering sal nie toelaat dat die plaaslike meulenaarsbedryf aan onregverdige kompetisie blootgestel word nie, selfs al is dit onder die voorwendsel van voedsel vir die behoeftiges.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie