20 Jaar Gelede
Maandag 4 Oktober 1999
- Die verhoor van dr. Wouter Basson, voormalige hoof van die ou Suid-Afrikaanse weermag se chemiese en biologiese wapenprogram wat onder meer daarvan verdink word dat hy saamgesweer het om nagenoeg tweehonderd Swapo-lede in Namibië te vergiftig, begin om tienuur vanoggend in die Pretoriase hoërhof.
- Twee jongmense van Gobabis en Windhoek onderskeidelik het Saterdag in die pretpark van die Windhoekse Skou die dood in twee afsonderlike ongelukke wonderbaarlik vrygespring.
- Ongelukke, sinlose geweld en saakbeskadiging van miljoene dollars het gesorg dat Namibië een van sy donkerste naweke tot dusver vanjaar beleef het.
Dinsdag 5 Oktober 1999
- Dr. Wouter Basson, briljante kardioloog en sogenaamde “Gifdokter” wie se verhoor gister in die Pretoria begin het, kan nie verantwoordelik gehou word vir die dood van sowat tweehonderd Swapo-lede nie aangesien hy – soos ook ander lede van die Suid-Afrikaanse weermag en polisie – amnestie ontvang het vir sulke dade.
- Vier opposisiepartye het hul sterk uitgespreek teen die toekenning van die tender vir die druk van stembriewe aan die Swapo-maatskappy, Namprint, en geëis dat die tender gekanselleer word.
- Air Namibia se omstrede Boeing 747-400 Combi wat vroeër vanjaar vir US$114 miljoen (sowat N$690 miljoen) aangeskaf is, sal op 23 Oktober om 18:00 op die internasionale lughawe Hosea Kutako neerstryk.
Woensdag 6 Oktober 1999
- Treinverkeer na Suid-Afrika is tydelik tot stilstand gebring en die nasionale pad na Upington is erg beskadig in ‘n hewige reënstorm wat Maandag oor groot dele in die Suide gewoed het.
- ‘n Leeraar het hom hewige kritiek op die hals gehaal deurdat hy Namibiese onderwysers die naweek op ‘n begrafnisdiens van pligsversuim in Christen-opvoedig beskuldig het.
- Beswaarlik ‘n maand nadat alle betrokkenes by die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) ‘n staakvuurooreenkoms onderteken het, huiwer die land weer eens op die rand van ‘n volskaalse oorlog.
Donderdag 7 Oktober 1999
- Die Ugab-rivier is in vloed en die Omaruru-rivier loop sterk ná swaar neerslae sedert die naweek veral in die noordelike en sentrale gedeeltes van die land voorgekom het.
- Die voorgestelde wysigingwetsontwerp op petroleumprodukte en energie is lynreg in botsing met die bepalings van die grondwet en om die rede kan die DTA van Namibië dit nie steun nie.
- Voornemende kiesers het nog net vandag en môre om by poskantore in die land te registreer ten einde hulle in staat te stel om aan die komende algemene en presidentsverkiesing deel te neem.
Vrydag 8 Oktober 1999
- Namibië se pensioentrekkers is die hoofslagoffers van die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo, terwyl die komende verkiesing die indiening van die bykomende begroting laat sneuwel het.
- ‘n Wenk van ‘n lid van die publiek het daartoe gelei dat die polisie gister in Katutura op dagga met ‘n straatwaarde van N$204 000 beslag gelê he.
- Die reën wat sedert die naweek verligting oor groot dele van Namibië gebring het, is voorlopig iets van die verlede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie